Cannellini-boneslaai met pimento-rissie

562

10 min. + gaarmaak 15 min.
4 mense

BESTANDDELE

100 g jong aspersies
olyfolie
sout en growwe swartpeper
1 medium rooi-ui, gekap
1 groot pimento-rissie, gekap (of ’n rooi soetrissie)
50 g amandelvlokkies
1 t vars knoffel, opgehoop
2 blikkies cannellini-boontjies, gewas en gedreineer
100 g baba-spinasie
Vir die slaaisous
sap van 2 lemmetjies
1 t karamelgeursel
¼ t rissievlokkies
1 t droë pietersielie
1 t woestyn- of pienk sout
¼ t growwe swartpeper
3 e rou heuning
3 e olyfolie
15 g varsgekapte grasui

METODE

1 Stel die oond op 200 °C.
2 Rooster die aspersies saam met ’n bietjie olyfolie, sout en growwe swartpeper vir 15 minute.
3 Braai die ui, pimento-rissie, amandelvlokkies en knoffel in ’n pan oor matige hitte met ’n skeut olyfolie tot gaar.
4 Laat effens afkoel en voeg die bone en aspersies by.
5 Meng die bestanddele vir die sous, giet bo-oor en roer deur.
6 Plaas in yskas om behoorlik af te koel.
7 Sit voor met vars babaspinasie as ’n basis.

KLIEK HIER vir meer resepte deur Izelle Hoffman, leefstyl-sjef.