Chandré Peterson

0
237
Chandre Peterson
  1. Hoe het jy (met jou onderneming) begin?

Ek het in 2011 my studies suksesvol voltooi. Daarna was ek genader om deel te wees van die Cape Winemakers Guild Protégé program, waar jong wynmakers die geleentheid kry om drie jaar by drie van die land se beste wynmakers te leer. Ek kan geen prys sit aan die ondervinding en bloot stelling wat ek in hierdie jare gekry het nie.

  1. Wat is die beste raad wat jy al ooit gekry het?

Om net jouself te wees ten alle tye. Sit alles in met alles waarop jy jou oë rig. Bly doelgerig op die noodsaaklike dinge in die lewe. Almal is uniek en het ʼn spesifieke taak om te verrig op die aarde. Glimlag en alles gebeur op tyd en op die regte tyd.

  1. Hoe sal jy graag onthou wil word?

As iemand wat dalk een persoon kon inspireer het met my ambisie en dankbaarheid. As ʼn vroue wynmaker wat ʼn verskil in die wynbedryf gemaak het al is dit met een bekroonde wyn of transformasie in die bedryf. Ook as ʼn sterk, passievolle vrou met self vertroue wat goed na haar self gekyk het.

  1. Is daar ’n spesifieke aanhaling waarvolgens jy leef? Wat is dit?

Daar is ‘n paar bybel verse wat ek elke dag saam my neem: “Proverbs 31:25 She is clothed in strength and dignity and she laughs without fear of the future.”; “Phill 4:13 I can do all things through Christ that strengthens me.”

  1. Watter vrou inspireer jou en waarom?

Joyce Meyer. Sy inspireer en motiveer my dat enige struikelblokke kan oorkom word en om altyd na die positiewe dinge te kyk in die lewe. Sy het ʼn positiewe energie wat sy uitstraal en goedhartigheid. Haar hoof fokus is om mense te raak  met haar ondervinding en die Woord.

  1. Wat dink jy is die grootste struikelblok in vroue se pad?

Om ʼn werk-leefstyl balans toe te pas. Industrieë wat manlik dominerend is. Dames is onverteenwoordig in politiek.

  1. Wat dink jy maak dat ’n vrou suksesvol is?

Balans. Om ʼn werk-leefstyl balans toe te pas. As jy ʼn werk het waarin jy gelukkig is en dit opreg geniet kan alles net makliker raak. Om jou werk, oefening, familie en sosiale lewe te balanseer. “Success is within someone’s own wellbeing. It’s all about having a passion.” – Adam Vanunu.

  1. Wat dink jy is die geheim om ’n suksesvolle balans tussen jou werk en jou persoonlike lewe te bewerkstellig?

Eerstens moet jy bereid wees om verandering in jou professionele en persoonlike lewe toe te pas. Watter faktore is die tyd diewe. Tyd kos jou niks, maar dit is die mees kosbaarste ding wat jy kan gee.

  1. Wat doen jy as jy nie met werk besig is nie?

Wynproe, oefen, besigtiging, verken ander lande en nuwe plekke (natuur), braai en verkeer gesellig met familie en vriende met ʼn heerlike glas wyn!

  1. Wie sou jy graag na ’n droom-ete wou nooi?

Madiba, Oprah, UB40, Maya Angelou, Steve Jobs