Chanelle de Jager: 17 kg ligter – Blog 14

0
18
chanelle_de_jager_dieet.jpg

So, hoe voel dit om 120 dae aaneen gesond te eet? Chanelle de Jager verklap wat alles agter die skerms gebeur het sedert 26 Maart toe sy die Nuwe Jy-program begin volg het.

Vrydag 13 Junie 2014 14:00

Die Here weet wat met elkeen van ons aangaan. Daarvan is ek 100% seker. Die feit dat die NPO nou bietjie stil staan, is ’n blessing in disguise. Ek kan op my familie fokus en seker maak almal is warm, gelukkig en veilig.

Dis langnaweek. Dis tyd om op lekker dinge te fokus, sodat Kathleen nie te veel oor haar ma vra nie. Ons het besluit om haar nie te sê nie. Sy sal net te veel oor haar ma bekommer. Ons moet haar net besig hou.

Saterdag 14 Junie 2014 22:00

Ek vat alles maar dag vir dag. Ek hoop regtig Kathleen se ma gaan vinnig herstel, maar dit lyk nie goed nie. Sy het in die hele linkerkant van haar lyf gevoel verloor, en sy kan nog nie in sinne praat nie. Sy is vreeslik deurmekaar. Die dokters moet eers wag tot die swelling op die brein gesak het voor hulle gaan besluit of hulle gaan opereer of nie. Al wat my nou regop hou, is die gym sessies. Ek oefen elke dag lekker hard. Ek het myself belowe ek gaan elke dag gym tot die einde van die program.

Sondag 15 Junie 2014 12:00

Vadersdag! Lekker vir Piet bederf. Ons gaan by vriende braai. Ek is vandag weer op proteïne. Dankie tog. Gister se piesangdag was amper te erg. Nog net 8 piesangdae oor. Ek kan my net indink hoe ek gaan lyk oor ses weke!

Maandag 16 Junie 2014 8:00

Hierdie vakansiedag is baie welkom. Dit maak die naweek een daggie langer. Ons het dit nodig. Weer op proteïene vandag, so ek gaan ’n lekker lam en groentestew op die stoof sit sodat ons ’n lekker warm middag ete kan geniet.

Dinsdag 17 Junie 2014 13:00

Ek sal dalk more Zimbabwe toe moet vlieg sodat ons in Bulawayo met ons geregistreerde NPO kan help. Hulle kan onder ons lisensie werk, dan kan ons in Afrika ook help. Daar is groot dinge wat die week aangaan. Ek voel bietjie gespanne. Ek weet dat Kathleen na haar voltydse nanny wat by haar ma se huis bly toe kan gaan, maar ons is bang sy gaan te veel na haar ma verlang. Ai, ek hoop alles werk uit die week. Piet moet ook weggaan vir sy oupa se begrafnis. Dinge voel vandag bietjie te veel. Ek is jammer as ek te veel kla met die blogs, maar dit hou my gefokus. Kathleen se ma is nogsteeds in ICU.

Hoe meer stres ek het, hoe harder wil ek gym. Dis ’n baie goeie manier om van stres ontslae te raak. Ek het sulke wilde doef-doef musiek gekry om op te oefen. Dit help baie. Terug op vrugte en groente vir die volgende agt dae. Sjoe!