Chanelle de Jager: 17 kg ligter – Blog 19

0
28
chanelle_de_jager_dieet.jpg

So, hoe voel dit om 120 dae aaneen gesond te eet? Chanelle de Jager verklap wat alles agter die skerms gebeur het sedert 26 Maart toe sy die Nuwe Jy-program begin volg het.

Dinsdag 22 Julie 2014 20:30

Tassie pak tyd. Ek weet nie wat ek gaan aantrek vir die finale funksie nie. Ek het darem Sondag al my speech geskryf. Piesangs vandag. Ai, laaste piesang dag vir ’n rukkie!

Woensdag 23 Julie 2014 18:00

Die cover shoot het so goed gegaan. Dis heerlik om terug te wees by Fairview Hotel! Dis al soos ’n tweede huis vir my. Die diens is uitstekend. Die paar kiekies wat ek met my foon van die fotograaf se rekenaarskerm af geneem het doen al klaar die rondtes onder my vriende. Maar, dit lyk regtig soos ’n nuwe mens al moet ek dit nou self erken. Môre sien ek weer al die susters. Kan nie wag nie. Die nuwe lyfie is heeltemal ’n ander storie voor die kamera…ek was amper skaam op ’n stadium, veral met die swembad se shots…daai wit rompie het darem maar bitter styf gesit. Dankie tog vir al die piesang dae!

Donderdag 24 Julie 2014 22:00

Mari en Nita het uitgeval. Ek weet wie die wenner is wat more aangekondig gaan word en ek dink dit is die beste besluit, almal het so mooi getransformeer. Saam het ons oor die 200 KG VERLOOR! Ek het 17 kg altesaam verloor. Nie my doelgewig gemaak nie (uit met net een kg) Maar ek is happy. Ek het tog ’n week later as al die ander girls begin, so ek kan nog aangaan. Ryno het vir my ’n baie mooi rokkie geborg gekry vir môre aand….dis amper die einde.

Vrydag 25 Julie 2014 12:00

Hierdie is my laaste blog. Ek sit voor my rekenaar en kan nie glo wat alles met my gebeur het die laaste vier maande nie. Ek weet nou dat ek sterk is. Ek weet dat die Here my wilskrag gegee het om alles te kon vermag en die liefde van my man, vriende en familie het my deur dit alles gedra. Ek is baie dankbaar vir alles. Ek weet nie hoe om af te sluit nie. Dis asof ek nie wil ophou tik nie. Dis nie die einde nie. Dis ’n splinternuwe begin.