Christi se hare só gestileer

0
133
christi_panagio_eric_buys_photography_copyright.jpg

Vir ons pragtige voorbladmeisie, Christi Panagio, se fotosessie, het ons aangeklop by die Fringe Vintage Salon. Chantelle en haar span het die stilering vir ons hanteer.

Christie se voorbladfoto’s is geneem in die Fringe Vintage Salon in Simonstad. Dit is nou die een plek wat elke vrou een keer in haar lewe móét besoek. ’n Unieke vintage-atmosfeer sal jou onmiddellik laat tuis voel en boonop spandeer eienaar Chantelle Thackwray en haar span persoonlike aandag aan elke kliënt om hulle beter te keer ken.

“Ons is mal oor dit wat ons doen en ons hou van mense. Deur elke vrou wat hier instap goed te leer ken, kan ons ook die beste voorstelle aan haar maak – een wat by haar persoonlikheid en leefstyl pas.”

Chantelle gee die volgende wenke vir ’n pragtige boskasie hierdie somer:

VIR HAARKLEUR
Praat met ’n haarkapper wat jy vertrou. Iemand wat regtig na jou luister en jou advies sal gee volgens jou persoonlikheid en leefstyl. Maar wees soms ook dapper, en sê wanneer jy lus is vir ’n verandering.

Ons gebruik Naturalmente vir Christi se haarkleur. Dit het ’n paar keer geneem voor ons dit presies reggekry het, maar ek is nogal trots daarop. Naturalmente is ’n fantastiese haarkleur; dit ontwikkel oor tyd en die teruggroei is sagter as ander produkte.

VIR KRULLERIGE HARE
Dit is belangrik om altyd ’n goeie hittebeskermer te gebruik. Krullerige hare het meer bevogtiger as ander haartipes. As dit gesond is, sal dit pragtig reguit gemaak word met minimale kroeserigheid.

VIR REGUIT HARE
Gebruik weereens ’n goeie hittebeskermer en moenie opgee om krulle te oefen nie. Wanneer jy dit regkry, sal dit die moeite werd wees.

sm_EPU_7544.jpg sm_EPU_7544.jpg
sm_EPU_7544.jpg sm_EPU_7544.jpg
sm_EPU_7544.jpg sm_EPU_7544.jpg
sm_EPU_7544.jpg sm_EPU_7544.jpg
sm_EPU_7544.jpg sm_EPU_7544.jpg
sm_EPU_7544.jpg sm_EPU_7544.jpg
sm_EPU_7544.jpg sm_EPU_7544.jpg
sm_EPU_7544.jpg sm_EPU_7544.jpg
sm_EPU_7544.jpg sm_EPU_7544.jpg
sm_EPU_7544.jpg sm_EPU_7544.jpg

christi_panagio_hare_1.jpg