Clare Wiese-Wentzel

0
752
Clare Wiese-Wentzel
  1. As jy jou verlede kon redigeer, wat sou jy verander?

Dis vir ons almal baie aanloklik om dit te kan doen, maar om dit te probeer is soos om te probeer ʼn eier te “onbak”. Ek is mal oor hierdie gesegde: “life can only be understood backwards; but it must be lived forwards.” Ek probeer groei en leer uit my mislukkings, foute en uitdagende tye eerder as om hulle weg te wens.

  1. Wat is jy aan jou ouers verskuldig?

Hulle het ons van kleins af geleer wat werklik saak maak en wat nie. Hulle het baie gefokus op die belang daarvan om almal dieselfde te hanteer, afgesien van hulle sosiale status, ekonomiese omstandighede of kultuur. Ons was ook aangemoedig om ons eie mens te wees, asook dankbaar te bly.

  1. Hoe sal jy graag onthou wil word?

As iemand wat werklik geliefd was deur die wat haar geken het. Wat ook ander geïnspireer het op een of ander manier om te streef tot hulle volle potensiaal.

  1. Watter vrou inspireer jou en waarom?

My ma en twee oorlede oumas. Hulle almal was of is getroud aan baie sterk en invloedryke man, maar hulle het nooit terug gestaan of was geïntimideer nie. Vroue wat sterk in hulle denke is en was en slim, beeldskoon is en sterk morele waardes het of gehad het.

  1. Hoe het jy gekom waar jy vandag is en wat het jou op die pad gehelp?

Ek voel dat ek steeds op pad. Ek het nog altyd ʼn passie vir media, mode en die vermaaklikheidswêreld gehad. En as ek nou so terug kyk na die paadjies wat my gebring het waar ek vandag is, kan ek selfs ʼn realiteit televisieprogram aanvat met redelike vertroue.

  1. Watter drie sleutelwoorde sal jy gebruik om jouself te beskryf?

Lojaal, ongelooflik perfeksionisties en so bietjie scatterbrained.

  1. Wie wil jy graag inspireer?

Mense wat hoop of moed verloor het iewers langs die pad.

  1. Wat dink jy maak dat ’n vrou suksesvol is?

Harde werk, “people skills” (om mense reg te hanteer) en om te doen waarvoor jy aangelê is. Niemand is sterk in elke gebied nie.

  1. Hoe sal jy ’n wonderlike dag by die werk beskryf?

ʼn Dag waar ek baie gelag het saam met lekker mense, myself uitgedaag het en voel of ek iets reggekry het.

  1. Wie of wat is die grootste liefde in jou lewe?

Dis baie moeilik vir my om net een mens uit te sonder, en daarvoor is ek baie dankbaar! Ek het ʼn ongelooflike wonderlike man, twee fantastiese ouers wat my so ondersteun, ʼn suster wat my beste vriendin is, ʼn broer, skoonsuster en niggie vir wie ek baie lief het en, natuurlik, my klein hondjie Kimbey, wat al 14 jaar lank my hart se punt is! So – die kort antwoord is seker maar “my familie”!

  1. Vertel ons ’n geheim

Ek word onder my vriende geken as ʼn bietjie van ʼn “instigator” – ek sal dikwels my vriende dare om snaakse goed te doen – om een of ander manier oortuig ek hulle dis ʼn goeie idee. Ek vermoed ek het die streep by my pa gekry!