4Minutes #CoffeeAndConvos

0
886

Volg 4Minutes #CoffeeAndConvos op Facebook.

Ons vier 2 jaar saam!

Where there is women there is Magic! Die Vroue van @4minutes#coffeeandconvos Karien Basson Tanya Van Graan en Rouchelle Liedemann vier hierdie maand hul #2deBestaansjaar! Ons ken die waarde van elke oomblik voor die kameras en glimlag oor die herinneringe! #24Maande #BaieLag #BaieHuil #Omgee #Opregtheid #LewensveranderendeBoodskappe #Vriendskap #Vrouewees #Egtheid saam mIseecreative – Video & Design Mercedes-Benz Century City en Finesse Voelgoed Tydskrif

Volg 4Minutes #CoffeeAndConvos op: https://www.facebook.com/4minutesConvos/


Wat is ’n vrou?

Al ooit gewonder waar jy hoort? En of jy werklik aan ’n groep behoort? Nou ja, jy behoort aan die Secret Women’s Tribe – die enigste spesie wat sal weet hoe dit voel om met ’n glimlag op jou gesig in fisiese pyn en emosioneel totaal stabiel normaal te kan voorkom en optimaal te funksioneer!

Volg 4Minutes #CoffeeAndConvos op: https://www.facebook.com/4minutesConvos/


#VREES

#VREES saam met Tanya van Graan, Karien Basson en Rouchelle Liedemann.
Volg 4Minutes #CoffeeAndConvos op: https://www.facebook.com/4minutesConvos/


Hierdie is JOU Seisoen

Wil jy hierdie jaar na jou lewe kyk en uitroep: HIERDIE IS MY SEISOEN! Ons stel voor om dus nie meer terug te kyk na jou verlede nie…moenie vasgevang word in heimwee oor wat was of oor wat nie gebeur het nie…God is bereid om saam met jou in die hede te wandel, te korrigeer wat nodig is om nie dieselfde foute as in die verlede te maak nie, en ‘n goeie toekoms te beplan In hierdie seisoen van jou lewe. Behou goeie herinneringe, hanteer en bid oor die slegte herinneringe, identifiseer jou roeping en strek jou uit na wat voorlê met God aan jou sy!


‘n Kersfees met BETEKENIS

Een aand lank gelede het HY gekom. God, het gekies om mens te word sodat Hy tussen mens wat Hy die liefste het kon woon. Die misterie van Kersfees – God het gekies om in tyd in te beweeg om met ons interaskie te kan he…HIerdie Jesus op die Kerskaartjies is dieselfde God wat Hemel en aarde geskape het!

Waarom sal die God van die heelal bekommerd wees oor dit waaroor ons bekommer is…?En kies om met ons ‘n verhouding te he…?

Kry die antwoord in die volgende 4Minute en geniet jou Kersfees 2017 met ‘n betekenis. Saam met; Tanya van Graan, Karien Basson en Rouchelle Liedemann


Om (by) jou Man te staan

God se doel vir ons; man en vrou was nog áltyd om die hoofrol in ons eie storie te vertolk. Jy sien…Ons almal wil deel uitmaak van iets ongelooflik, avontuurlustig, heldhaftig en goed..EN DAAROM HET HY ONS SO VERSKILLEND GEMAAK! Nie om dinge te kompliseer nie…maar om mekaar te komplimenteer!


OM TE LAAT GAAN…

Al ooit die frase gehoor: ‘Let go and let God…’ Ons almal haak soms vas by die dinge wat in die verlede gebeur het.. en dan kyk ons na dit wat ons verloor het… Maar een van die onvergeetlikste oomblikke in die lewe is wanneer jy die moed kry om te laat gaan van die dinge wat jy nie kan verander nie…en net oorgee sodat God jou kan lei …


As jy TYD kon TERUGDRAAI…?

Het jy al ooit gewens dat jy van voor af kon begin? Kyk jy terug en sê; “As ek maar net…” Ons almal het die woorde al vele kere gedink… miskien oor ‘n werksituasie, ‘n liefdes teleurstelling, ‘n vriendskap wat seergekry het of ‘n familietwis. Berou en skande het die kragtige vermoë om jou in die verlede in te trek en jou toe te vou in donker herinneringe… En dan…voordat jy jouself kan kry verloor jy hoop wanneer jy na jou toekoms kyk…


Wat is JOU WAARDE?

Op die 6de dag het God tot laat gewerk om die vrou te maak Dit was die eerste keer dat Hy oortyd gewerk het…omdat daar soveel spesifikasies tot die vrou was. Sy moet als kan doen met net 2 hande.. In hierdie video praat die Vroue van 4Minutes #CoffeeAndConvos oor JOU WAARDE.


Jou WARE NOORD

Die algemene struikelblok vir ons is dat ons God se aangesig soek wanneer alles uitmekaar val of wanneer ons antwoorde tot ons probleme soek in plaas daarvan dat ons nét God soek. In hierdie video praat die Vroue van 4Minutes #CoffeeAndConvos oor DIE WARE NOORD. Matteus 6:33 is ons lewenskompas; plaas God eerste, soek Sy koninkryk, volg Sy wil en dan sal Hy julle ook al die dinge gee wat Hy belowe het! Ons verwag moeilike stappe terwyl God net vra dat ons Hom en SY wil eerste moet stel in ons lewens.


Aanvaar JOUSELF

In hierdie video praat die Vroue van 4Minutes #CoffeeAndConvos oor AANVAARDING. Moet nooit toelaat dat enigiemand behalwe God jou waarde bepaal nie. As jy sukkerl om jou plek in die lewe te vind…kan die volgende 2minute jou moontlik help.


Vroue en GEBED

In hierdie video praat die Vroue van 4Minutes #CoffeeAndConvos oor die belangrikheid van GEBED. Die grootste deurbrake in mense se lewens het gebeur te danke aan opregte gebede Daar is baie krag in gebed. Gebed is die hartklop tot ons verhouding met God en die een ding wat niemand ooit van ons kan steel nie! Die grootste fout wat ons soms maak is om meer oor ‘n probleem te praat as om daaroor te bid. Kom ons raak weer ernstig oor ons gebedslewe.


Die LIG binne jou

Met hierdie video erken die Vroue van 4Minutes #CoffeeAndConvos; Soms is ons in ‘n situasie geplaas om nie die beste te wees nie, maar om eder Sy Lig te wees…soos ‘n helder lig wat skyn op donker paaie waarop ons stap. Die Lig het nie veel nodig om Sy krag te wys wys nie…Behalwe in donkerte. Dis juis in die donkerste tye dat Sy krag ondervermydelik is.


Wat is ‘n VROU?

Met hierdie video sê die Vroue van 4Minutes #CoffeeAndConvos: Al ooit gewonder waar jy hoort? En of jy wérklik aan ‘n groep behoort? Dáárdie plek waar dit aanvaarbaar is om net JY te wees? Wel…jy behoort aan die Secret Women’s tribe – die enigste spesie wat sal weet hoe dit voel om met ‘n smile op jou gesig in fisiese pyn en emosioneel totaal onstabiel normaal te kan voorkom en optimaal te funksioneer!!


Jy is super!

Elke vrou weet diep in haar binneste wanneer die tyd reg is om nie meer toe te laat dat vrees haar terughou nie. Jy moet besef jy ís iemand spesiaal. Daar is immers ’n prys vir jou betaal.


Die geur van ’n vrou

Hierdie video se fokuspunt is geloof en kwelvrae, en die vroue praat direk met jou. Met Die geur van ’n vrou wys die vier vroue hulle opregte harte deur van hulle eie grimering ontslae te raak en vir elke vrou te sê: Jy is sterk, waardevol en pragtig net soos jy is.


Liefde is meer as ‘n passievolle soen

Met hierdie video sê die vroue van 4Minutes #CoffeeAndConvos: LIEFDE is meer as ‘n passievolle soen, die vlinders in jou maag of ‘n klassieke(voorspelbare) toneel in ‘n film… Wanneer liefde onselfsugtig en onvoorwaardelik is…is liefde onweerstaanbaar.