Connect met jou man

0
40
Gretha Wiid

Tegnologie is wonderlik. Dit maak die lewe makliker, vinniger en interessanter. Soos met alle goeie goed, moet ons egter waaksaam wees vir die slegte wat soms in goeie dinge skuil. Dit geld ook vir tegnologie.

Huwelikskenner Gretha Wiid

lyn_3.png

GRATIS E-BOEK

Ontdek die hart van jou brein. Verstaan die rol van jou brein in die skep van seksuele geluk en passie in die 21ste eeu.

Kliek HIER en laai die e-boek, Die geheim van liefhê, GRATIS af.

 

lyn_3.png

Tegnologie is wonderlik. Dit maak die lewe makliker, vinniger en interessanter. Soos met alle goeie goed, moet ons egter waaksaam wees vir die slegte wat soms in goeie dinge skuil. Dit geld ook vir tegnologie.

’n Paar jaar gelede het jy jou kantoordeur toegetrek en huis toe gegaan. By die huis was die rys, vleis en aartappels spoedig gaar, en die kinders se huiswerk gedoen. Vandag lyk die prentjie heelwat anders. Ons werk langer ure, netwerk met kliënte en doen gou nog ’n laaste projek op ons skootrekenaar by die huis.

Moenie in ’n meester van emoticons verander nie

Ons kla oor tieners wat heeldag op hulle fone besig is, terwyl ons self nie heeltemal onskuldig is nie. Ons het nooit genoeg tyd nie, maar bestee ure daaraan om ander se inskrywings, video’s, foto’s en kommentaar op sosiale media te like – in plaas van om die persoon langs jou op die rusbank te like!

Sosiale media bring ons miskien nader aan mense wat ons nie gereeld sien nie, maar dit verwyder ons ver weg van die mense in ons huis. Ons raak afgestomp, praat minder en kyk mekaar nie meer lank in die oë nie (want jy wil net gou iets loer op Facebook). Die ergste van alles is dat die bybly met sosiale media gewoontevormend is. As jou oë oopgaan in die oggend, kyk jy na jou WhatsApp-boodskappe of die jongste Facebook-inskrywings. Dít terwyl ons weet dis beter om liewer in mekaar se arms te lê. Ons weet dit, maar ons sukkel!

Ons soek inspirasie op ander se Facebookmure, en het te lui geword om self stil te raak en die waarheid te hoor of te ontdek. Dit is mos makliker om ’n gesiggie te kies wat lag, huil of bloos as om oor die emosie te praat of dit te probeer verwoord. Ons het meesters van emoticons geword.

[VIDEO] Gretha Wiid: “Laat jou man voel hy’s mans genoeg!”

Sit neer jou foon, tel op jou huwelik

As jy van enigiets wil vrykom, is die eerste stap na oorwinning gewoonlik om eerlik met jouself te wees en introspeksie te doen. Kies om nie vandag vinger te wys na jou man wat ure voor die TV of voor sy rekenaar deurbring nie. Sien jou eie slegte gewoontes raak. Raak bewus van die patrone wat jy dalk al gevorm het en kies doelbewus om dit te verander! Net soos tegnologie oornag verhoudings leeg kan suig, net so kan jy gelukkig oornag ook nuwe gewoontes begin kweek.

Jy kan jou selfoon saans afskakel. Jy kan kies om in die oggend heel eerste te gaan koffie maak, dit vir jou man te vat, op sy skoot te sit en gesels, of vir ’n paar oomblikke voor opstaantyd in sy arms te lê eerder as om te gaan loer op Twitter. Besluit saam met jou man oor die reekse en programme waarvan julle hou en graag na wil kyk, en hóú dan daarby. As jy ’n grens wil , moet jy ’n grens ! Besef dat nuwe grense duidelike keuses insluit.

Kies versigtig wat jy in jou hart toelaat

Sosiale media het die vermoë om ons op te sweep, negatief te maak of van die wal tot in die sloot te laat gly met dit wat ons hoor en lees. Dit kan ’n lekker dag eensklaps verander met slegte nuus, of die begin wees van kompromieë aangaan oor ons waardes en beginsels. Dit kan ’n duister wêreld raak waar jy in die geheim besig is met dinge waarvan jou maat salig onbewus is. Alles kan deesdae uitgevee en skoongevee, en onder skuilname en kodename toegesluit word.

Daarom is dit belangrik om versigtig te kies waaraan jy jouself blootstel. Die inhoud van wat ons lees of kyk, beïnvloed ons verhoudings. Dit kan ons grense laat verslap en met ons koppe smokkel. Ondersoek jou hart en wees eerlik oor die dinge wat jy op jou foon, rekenaar of TV-skerm volg. Die mense en dinge wat jy op sosiale media aanhang, moet ten minste navolgenswaardig wees en ’n positiewe invloed op jou huwelik hê.

So wonderlik as wat jou foon is om jou met ander mense in aanraking te bring, bly die belangrikste deel van menswees steeds lyf-, oog- en hartskontak. Tegnologie is miskien hier om te bly, maar so ook jou huwelik!

Kan ek ’n doublelike kry?

lyn_3.png

KOOP AANLYN

Aan die begin was sy andersheid vir jou oulik, nou irriteer sy gewoontetjies jou. Maar dis dalk die bril waardeur jy kyk wat maak dat jy sukkel om hom te aanvaar. As jy ook jou man beter wil verstaan, móét jy hierdie boek lees! Mal oor jou man is beskikbaar op www.voelgoedwinkel.co.za teen R80.

 

lyn_3.png