Dade, eerder as woorde

‘n Ruk gelede was die krag by ons huis in die middle van die nag af.

Dit is nie soseer die krag wat af was wat vir my vreemd was nie, maar toe ek so 03:30 wakker word en die krag is af en my foon het geen opvangs nie, het dit vir my bietjie vreemd gevoel. My man het gegrap en gesê dit is die oordeelsdag en gevra of ek gereed is, ek het natuurlik geantwoord dat ek reg is, maar die volgende dag het dit my tog so bietjie laat dink.

Ek het aan Matteus 7:21 gedink, en gewonder of ek regtig volgens die wil van God leef:

“Nie almal wat vir My ‘Here, Here’ sê, sal in God se koninkryk ingaan nie. Wat die deurslag sal gee, is of hulle aan my hemelse Vader gehoorsaam was. (NLV)

Matteus vertel vroeër in die hoofstuk vir ons presies wat van ons verwag word – om nie te oordeel nie, ‘n aktiewe en effektiewe gebedslewe, om ander te hanteer soos jy graag hanteer wil word, bly op die nou paadjie en bou jou lewe op Sy vaste fondament.

In vandag se lewe vertel so baie mense vinnig dat hulle Christene is, maar die manier hoe ons optree en dinge wat ons doen vertel dikwels ‘n ander storie. En ongelukkig, as gevolg hiervan, sien baie mense Christene as veroordelend en ietwat skynheilig. Die waarheid maak seer.

Matteus het my in hoofstuk 7 ‘n waardevolle les geleer, jou dade is baie belangriker as woorde, actions really do speak louder than words! En ons kan ook soveel goeie dade doen as wat ons wil, maar uiteindelik is dit ons verhouding met Jesus wat die belangrikste is.

Ken Jesus in ALLES wat jy doen.

Mag ons dade boekdele spreek, dit is baie belangriker as woorde. Jy mag dalk die enigste Bybel wees wat iemand op hul pad lees.

Seënwense,

Stephanie