Dankbaar oor ‘n melkskommel

615

Emily Pomeranz is baie lief vir ‘n spesifieke mocha-melkskommel. Verlede week het Emily op sterwe gelê aan pankreaskanker.

Emily Pomeranz is baie lief vir ‘n spesifieke mocha-melkskommel. Verlede week het Emily op sterwe gelê aan pankreaskanker.

Haar laaste wens was om net weer eenkeer so ‘n melkskommel te drink. Emily se vriend, Tommy Fello, het gereël dat so ‘n melkskommel van ‘n restaurant 600 km ver gehaal word sodat sy dit vir oulaas kon drink. Die foto van Emily wat haar melkskommel drink, het daarna soos ‘n veldbrand deur die hele wêreld versprei. Emily is ook kort daarna oorlede.

Daar is so baie dinge wat ‘n mens hieruit kan leer. Haar vriend sê byvoorbeeld dat dit het net weer vir hom bewys dat dit soveel beter is om te gee as om te ontvang. Ek dink dit wys ook vir ons dat ‘n mens dikwels nie groot en duur dinge vir  mekaar hoef te gee om betekenis aan ander se lewens te gee nie. Dikwels is dit eenvoudige dinge van die lewe waarmee ons ander se lewens kan opbeur. Soms is dit gratis gebare, soos sommer net om na iemand te luister. Verder maak dit ‘n mens skaam oor jou eie lewe, want jy dink aan dit wat jou op die oomblik ongelukkig maak, terwyl jy soveel meer het as wat Emily byvoorbeeld het. Jy is dalk ongelukkig oor die tuinhulp wat jou plant se blare platgetrap het, of die huishulp wat ‘n blomvaas laat val het. Emily is dankbaar oor die geleentheid om haar laaste melkskommel te drink!

Dalk moet ons weer ons prioriteite regkry.

lyn_3.png

Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog (www.henniestander.co.za).

Dit lyk deesdae of niemand meer glo nie. En diegene wat wel leef vanuit ’n verhouding met hulle Skepper, raak skaam om dit te sê. Nie Hennie nie! In Hoekom ek nog glo vertel hy uit sy eie lewe van die werklikheid wat die Here vir hom is. Hy getuig van groot en klein wonderwerke, maar veral van sy Verlosser. Bestel hierdie boek in sekondes by voelgoedwinkel.co.za en lees dit in een dag deur … Dit sal jou geloof  lewenslank versterk.