Dapper om ander eerste te stel

Vandag wil ek meer soos Moeder Theresa leef. Ek wens ek kan my lewe gee om te help om die siekes te genees en ‘n moeder te wees vir die weses.

Ek sal die voorbeeld van Dr. Martin Luther King, Jr. navolg en instaan vir diegene wat nie ‘n stem het nie. Ek sal elke menslike lewe eer en veg vir menslike geregtigheid.

Ek begeer om my lewe daaraan te wy om die Goeie Nuus te deel. My voete sal in die voetstappe van Billy Graham volg en na die uiteindes van die aarde gaan om getrou te verkondig dat Jesus die Weg, die Waarheid en die Lewe is.

Reg nou kan ek kies om my lewe neer te lê en om opofferend lief te hê. Ek kan my Verlosser, wat homself verneder het en alles gegee het om my van sonde te verlos, eer.

Maar ek moet eers die Ek Monster verslaan.

In my skuil daar ‘n boosaardige vleeslike vyand wat my verlei tot in ‘n self-geabsorbeerde koma. Wanneer ek na die leuens van hierdie Ek Monster luister, kyk ek hoofsaaklik na my eie belange, in plaas daarvan om ander lief te hê.

Die Ek Monster kom na vore en sê, “Jy verdien beter.”

Die Ek Monster fluister, “Vergeet van daardie behoefte. Iemand anders sal kom en die gemors skoonmaak. Jy hoef nie jou hande vuil te maak nie.”

Die Ek Monster staar elke oggend na haar skoonheid in die spieël en sien nooit die lelike trek van hoogmoed raak nie.

Ek moet die selfsugtige eie ek, wat haarself wil versadig, in plaas van om ander te dien, kruisig.

Ek moet NEE sê vir die Ek Monster.

Vriendinne, ek wil julle waarsku om waaksaam te wees vir die Ek Monster in jou huis. Ons moet elke oggend ten doel stel om die swaard van die Gees op te neem en onsself met die Woord bewapen, om hierdie bose vyand te verslaan.

Kom ons begrawe die Ek Monster en wees dapper.

Dapper plaas haarself laer om ander op te hef.

Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself (Filippense 2:3)

Dapper skuif jaloesie opsy, en neem die unieke verskille in haar susters met ope arms aan en help haar om uit te blink.

Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. (Filippense 2:4)

Dapper sê ja vir God en gee alles op om ‘n verlore siel te red.

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. (Filippense 2:5-7)

Dapper stel ander eerste en wys na Jesus.