Deel alles in die helfte!

0
61
Corsa.jpg

Der Julie, ʼn Duitser, het 12 jaar saam met sy lewensmaat gebly. Ná 12 jaar het hulle paadjies geskei, en hulle moes alles deel.

Der Julie, ʼn Duitser, het 12 jaar saam met sy lewensmaat gebly. Ná 12 jaar het hulle paadjies geskei, en hulle moes alles deel.

Hy besluit toe dat hy letterlik alles sal deel. Hy saag toe al hulle besittings in die middel deur, insluitende hulle Corsa, televisie, stoele, rusbank, iPhone 5, ensovoorts. Der Julie het ook ʼn video geneem van hoe hy dit alles in twee stukke sny. (Gaan kyk hier na die video). Daarna het hy sy stukke op eBay te koop aangebied. En interessant genoeg: Mense is bereid om hierdie “halwe” stoele en rusbank en ander items te koop. Hulle kan dit nie gebruik nie, maar hulle doen dit seker vir die snaaksigheid daarvan.

Maar is dit nie verskriklik dat mense wat op ʼn stadium vir mekaar lief was, mekaar so kan haat dat hulle mekaar niks gun nie! Dit is natuurlik baie moeilik om goed te wees vir iemand anders as jy voel daardie persoon het jou te na gekom. Jesus het gesê: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel (Mt. 5:44-45).

Om die liefde waarvan Jesus vertel, uit te leef, is nie maklik nie.

DEEL
Vorige artikelHanlie Retief: Tannie Jane se tjoklitkoek
Volgende artikelPa’s kom op die swartlys
Hennie Stander
Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog.