Depressie kry Catherine nie onder nie

0
44
catherine_zeta_jones.jpg

Catherine Zeta-Jones is een van die wêreld se mooiste en suksesvolste glansryke vroue, maar in 2011 is daar vasgestel dat sy ’n bipolêre gemoedsversteuring het. Haar toestand kry haar egter nie onder nie.

Moenie in stilte ly nie

“My bipolêre versteuring is iets waarmee ek al ’n lang tyd sukkel. Simptome van totale depressie en moedeloosheid wat afgewissel is deur buitengewone euforie (manie) het my geteister. Tydens my maniese episodes het ek baie sleg geslaap. Dan het ek ook ’n vals gevoel van selfvertroue gehad en groot take aangepak wat ek nooit klaargemaak het nie.

“Ek wou dit nooit in die openbaar bespreek nie. Toe dit wel op die lappe kom, het ek besef ek is nie die enigste persoon wat daarmee sukkel en van dag tot dag daarteen moet stry nie.

“Ek hoop wel dat ek mense wat aan die toestand ly, kan help. Met die regte behandeling en medikasie kan jy dit heeltemal beheer.

“Hopelik kan ek die stigma wat daaraan kleef, help verwyder. Ek wil ook mense wat dink hulle het nie beheer oor hulle toestand nie, inspireer om hulp daarvoor te soek.”

Kry goeie ondersteuning in moeilike tye

“Toe kanker by my man (die akteur Michael Douglas) gediagnoseer is, was ek van balans af gegooi. Ek het nie geslaap nie, ek was heeltyd bekommerd oor hom en ek het gestres. Dis alles klassieke snellers vir iemand met my toestand. ‘Waar gaan ek die krag kry om in die oggend op te staan?’ het deur my kop gemaal.

“Ek het nie gedink ek is emosioneel opgewasse vir hierdie struikelblok nie, maar dit is wonderlik om te sien waar ’n mens jou krag kry: Vriende, familie en selfs vreemdelinge het ons ondersteun. Ons gesin het saam deur alles gekom en dit het ons nader aan mekaar gebring.”

Ken die snellers en probeer dit vermy

Catherine het verskeie tegnieke wat haar help om die snellers te vermy en haar simptome onder beheer te hou. “Ek vermy die internet en sosiale media heeltemal. Ek is die tipe persoon wat negatiewe kommentaar oor myself sal Google. My man kan dit nie verstaan nie, maar dis hoe ek is. Met my bipolêre steurnis kan so iets gif vir my siel wees. Daarom het ek net heeltemal opgehou en myself geheel en al daarvan onttrek. En dis geweldig bevrydend.”

Belê in ’n goeie omega 3-aanvulling

Mense met ’n bipolêre gemoedsteuring moet nooit hulle medikasie met oor-die-toonbank-aanvullings vervang nie. Navorsing toon egter dat ’n dieet ryk aan olierige vis en omega 3-vetsure die simptome daarvan kan verminder. As jy nie baie vis eet nie, belê in ’n goeie omega 3-aanvulling. Ons stel Solal se Krill Oil Omega 3 (R211,99) voor, wat hoog is in EPA en DHA. Laasgenoemde twee vetsure is slegs effektief vir bipolêre gemoedsteuring as hulle saam gebruik

Aanvullende bronne: The Telegraph, InStyle