Die 4 gevaarlikste kosse vir jou vel

0
534
kos.jpg

Jou vel is sekerlik een van die grootste bates wat jy het. Wees versigtig vir hierdie kosse wat jou vroeër laat oud lyk.

Aknee word moontlik deur melk veroorsaak

Navorsing verbind die inname van suiwelprodukte met aknee probleme van so vroeg af as die 1960’s. Soveel so dat dokters in daardie dae hierdie vel probleem behandel het deur aan te beveel dat pasiënte melk uit hulle dieet sny. Tog, met die toename van medikasie wat aknee behandel, was daar al hoe minder gefokus op verandering in dieet.

Peuselhappies wat jou vel pofferig maak

’n Span dieetkundiges en dermatoloe het saam die wetenskaplike konneksie tussen vel en kos ondersoek. Hierna het hulle met ʼn sterk argument teen hoe glisemiese-indeks kosse vorendag gekom. Wanneer jy baie suiker eet (soos rosyne, gaskoeldrank en heuning) of eenvoudige koolhidrate (pasta, koek) kan jou insulien-vlakke versteur. Dit lei tot inflammasie in beide jou liggaam en jou gesig.

Die vel gevaar wat by jou braai wegkruip

Kos wat teen hoë temperature gaar gemaak word, veroorsaak ʼn chemiese reaksie tussen die vet en proteïene. Hierdie reaksie kan inflammasie in jou vel veroorsaak, en laat jou rooier, dowwer en oor die algemeen ouer lyk. Dit gebeur veral met slaptjips, olie-gebraaide hoender en ander kos wat in olie teen baie hoë temperature gebraai word.

Die sout snack wat sakkies onder jou oë maak

Baie verskillende skyfies, koekies en springmielies is oorlaai met natrium, wat water retensie veroorsaak. Die mees algemeenste plek waar hierdie pofferigheid eerste gesien word, is onder jou oë. Die vel onder jou oë is baie dun, en het redelik min water nodig om opgeswel te lyk. Geniet eerder geroosterde soutlose neute om daardie honger plekkie te stil.halssnoer.jpg

Skryf hier onder in, en wen ʼn pragtige halssnoer en hangertjie van Essentials.