Die affair – begin van die einde?

0
96
affair.png

Kan jy jouself en jou huwelik teen ’n buite-egtelike verhouding beskerm?

Hoekom kan sommige mense nie hul hande tuishou nie, selfs al het daardie linkerhand ’n ring aan die vierde vinger? Ons is geneig om te glo dat net sékere mense buite-egtelike verhoudings aanknoop en dat dit slegs mense in ongelukkige verhoudings is. Die skrikwekkende waarheid is dat niemand bestand is teen ’n affair nie.’n Affair word baie selde beplan, maar tog gebeur dit …

“Ek was die ander vrou”

Diana het vir Louis by die werk ontmoet en baie gou het hulle soos sielsgenote gekliek, maar daar was een probleem – hy was getroud.

Natuurlik is seks met ’n ander persoon buiten jou lewensmaat ontrouheid. Maar dit is ook moontlik om ontrou te wees sonder om so ver te gaan. ’n Emosionele affair is bloot ’n voorloper tot ’n volslae buite-egtelike verhouding.

  • Wat ek verkeerde gedoen het

“Een aand laat toe hy by my gekuier het, het my telefoon gelui. Toe dit oorgaan na die antwoordmasjien, het ek sy vrou se stem, vol trane, gehoor sê: ‘Louis, as jy daar is, kom asseblief huis toe. Met ’n skok het ek besef dat ek en Louis eintlik besig was om egbreek te pleeg. Ons het ’n buite-egtelike verhouding gehad!

“Vandag ken ek die gevare van ’n emosionele affair, hoewel ek dit nie besef het toe ek in daardie situasie was nie.”

  • Wat hy verkeerd gedoen het

“Ek en Louis het saamgewerk en baie tyd in mekaar se geselskap deurgebring. Hy het ook in my geglo en my gereeld met komplimente gevlei.

“Later het ons al meer tyd buite werksure saam spandeer – tyd wat Louis saam met sy eie vrou moes spandeer. Hy sou my nooi om saam met hom te gaan fliek, te gaan uiteet of om sommer net in die park te gaan stap. In my hart het ek dit geregverdig dat ons mos nie ’n fisieke verhouding gehad het nie – al weet ek hy wou dit hê.”

  • Wat ek vandag weet …

“Ek dink ons vroue begin fantaseer oor ’n man by die werk of by die gym. Jy redeneer dat dit onskuldig is. Maar dit is nie. Eien dit vir wat dit is. Beskerm jou gedagtes en moenie jou man met ’n illusie in jou gedagtes vergelyk nie – hy gaan altyd te kort skiet …”

  • “Ons is geskei na die affair

Op Universiteit het Jeanine die man van haar drome ontmoet en met hom getrou, maar ná sy belydenis en hul egskeiding skaars drie jaar later, het haar lewe onherroeplik verander en sy het die gewetenlose “ander vrou” geword …

  • Wat hy verkeerde gedoen het …

“Ons beide was nog studente en ek het op daardie stadium aandklasse geloop. In my klas was ’n geweldig aantreklike ou wat in my begin belangstel het. Dit het my ongemaklik gemaak en een aand het ek dit met my man deel. In plaas daarvan dat hy kwaad word, het hy gelag en gesê: ‘Ag man, dan moet ons maar skei, want ek het al vir die afgelope ses maande ’n verhouding met ’n ander vrou.’”

  • Wat ek verkeerd gedoen het …

“Hierna het my lewe drasties verander. Vir die volgende 14 jaar was ek in een na die ander owerspelige verhouding. Omdat ek op daardie stadium geen verhouding met die Here gehad het nie, het ek geen gewetenswroeging oor my dade gehad nie.”

  • Wat ek vandag weet …

“Na my bekering het die Here vir my gesê dit is my eerste man wat hierdie seksuele begeertes in my veroorsaak het. My pastoor het bevryding gedoen en vir my gebid om ontslae raak van hierdie begeertes.

“Vandag is ek gelukkig getroud en het ek geen begeerte na buite-egtelike verhoudings nie.”

“Die affair het nie ons huwelik laat verbrokkel nie”

Hoewel daar soveel huwelike is wat deur affairs vernietig word, ís daar paartjies soos Lorene en Kim Muller wat hulle s’n kon red nadat hulle finansieel geruïneer is, hulle tot die Here gewend het en Kim al sy verhoudings bely het …

  • Wat ek verkeerd gedoen het …

“Dit was my tweede huwelik toe ek en Kim se eerste. Die groot uitdaging was dat ek reeds kinders gehad. My een groot probleem was dat ek altyd my kinders se kant sou kies om hulle te beskerm – en ongelukkig sou dit baie keer teen my man wees.”

  • Wat hy verkeerd gedoen het….

“My man was ’n suksesvolle sakeman vir wie aansien besonder belangrik was.

“Aanvanklik het ek hom na sy vele werksfunksies vergesel, maar omdat hy gedrink het en my dan sleg hanteer het, het ek later nie meer saam gaan nie. Dit is hier waar hy betrokke geraak het by ander vroue.”

  • Wat ek vandag weet …

“Ná Kim bely het dat daar nie net een nie, maar verskeie vroue was, het ek nikswerd gevoel. Egskeiding het vir my na die enigste opsie gelyk. Maar Kim het stukkie vir stukkie my hart kom terugwen.

“Vandag kan ek terugkyk en eerlik sê dat ons verhouding baie sterker is as wat dit ooit was. Ons bid saam en die Here staan sentraal in ons verhouding.”