Die Bergriviermarathon gaan voort

0
394

Dit is regtig lekker om vandag die nuus om te hoor: Die Bergriviermarathon wat later vanjaar in die Wes-Kaap plaasvind, gaan voort!

Die organiseerders het groot veranderings aangebring aan die marathon, en verder hoop hulle dat daar genoeg winterreën sal wees wat die rivier se vlak betyds sal verhoog.

Dit is eintlik ‘n uitstekende voorbeeld van hoe ‘n mens die lotgevalle in die lewe moet hanteer. Dinge in die lewe gebeur nie altyd soos wat ‘n mens dit graag sou wou hê nie, maar dan doen ‘n mens bogenoemde drie dinge: Eerstens, jy maak veranderinge en pas aan by die veranderde omstandighede. Tweedens, jy hoop dat dinge reg sal uitwerk en derdens, jy gaan voort. Jy gaan sit nie op ‘n hopie en verknies jou oor die situasie nie.

En gelowiges moet selfs nog meer hierdie eienskappe aan die dag lê. Ons is mos mense wat met hoop lewe!