Die beste oefening vir ʼn plat maag

0
18
maagspiere.jpg

Vergeet van allerhande nuwe uitvindsels en patente om jou maag in toom te hou. Gereelde oefening is wat regtig werk.

Deesdae word soveel nuwe apparate en uitvindsels geadverteer wat veronderstel is om jou maag plat te kry, dat ’n mens begin wonder wat nou eintlik die beste werk.

As jy gesond en sterk genoeg is om te oefen, het jy geen toerusting nodig om jou maag plat te kry nie. Die beste en doeltreffendste manier is steeds om daaglikse oefeninge vir die abdominale spiere (beter bekend as maagspiere) te doen.

Lê op jou rug met albei bene gebuig en jou voete stewig op die grond. Plaas een hand agter jou kop vir ondersteuning. Hou ’n gewig in jou ander hand vas. Lig nou jou kop en skouers van die grond af terwyl jy uitasem. Hou deurentyd jou maag ingetrek. Sorg ook dat daar altyd ’n spasie tussen jou ken jou bors is. Laat sak dan jou kop en skouers totdat dit amper grond raak voordat jy weer opkom. 

Onthou om net jou kop en skouers te lig en altyd jou laerug op die grond te hou.  Probeer om 4 stelle van 15 tot 20 herhalings te doen. Ruil na elke stel die gewiggie na die ander hand. Let wel: Beheer elke beweging deur dit stadig te doen en nie momentum te gebruik nie.

Geskryf deur Linda Kriel
Volg Linda op Twitter by @linda_kriel