Die biologiese mamma van ons kinders ❤

Liewe wêreld…
Wat is ‘n verjaarsdag werklik. Wat is al die onthoue en al die lag se doel… waarheen die rigting, wannneer die stil staan en wanneer die tyd…

Ons kinders se biologiese mamma is 5 Mei 2016 oorlede, sy het kanker gehad en God’s ewigheid as genesing gekry.

Sy sou vandag verjaar en ek kan vir julle almal belowe… dit is nie regtig vir my ‘n lekker dag nie, die enigste rede… Ek hou nie niks daarvan as die hartseer so baie raak en die seer weer onthou word nie.

So… Ek het besluit om ‘n brief te skryf aan haar. Die kinders se biologiese mamma Junanda.

Sien, ek worstel soms met van ons vriende en familie wat my nie altyd “gesin en liefde” laat voel nie, selde weet ek God is groter as al hierdie seer en “misfit” feelings wat ek toelaat in my lewe. Mense is so wreed, en ek het dit nooit geweet nie.

Liewe Junanda.
Heel eerste:”EK IS LIEF VIR DIE KINDERS…”
Die liefde het niks te doen met vriende of familie nie, ek sou wou gehad het net jy moes dit weet…Ek is so verbaas oor mense se vrae en reaksie as hulle my sien of hoor hoe oud ek is en kans sien sien vir ons 11 en 14 jarige dogtertjies
Ek geniet Lara met haar stil, sterk menswees, vir Marli met haar sterk, eerlike menswees. Ek is mal oor alles omtrent hulle, ek moet bieg… hulle is ook net kinders, soms soet, soms stout, soms BAIE gelukkig, soms hartseer-tog, ALTYD TYD VIR LIEFWEES.
Dit is hemels om vir hul om te gee en lief te wees, ek love hoe God deur my werk met hulle… Ek besef dat hulle slegs aan ons geleen is deur ons Vader, en daarvoor kan ek nie genoeg dankie sê nie… Die mooiste van ons hele storie… is om te sien dat ek dit reg kry om hul hartjies weer heel te maak saam met Jesus. Ons praat dikwels van jou as hulle mamma en hulle vertel vir my dit wat hulle onthou.
Ek kan vir ure skryf oor hulle, al hulle gewoontes ( die goeies en slegtes ). Daarmee saam… lag ek net so lekker!

Ek besef God het ‘n plan met alles en dit is vir my groot!
Ek besef tyd is min en kosbaar!

Liewe wêreld…
Die mooiste vir my van ons hele storie is dat ek kan deel in Junanda se stukkie hemel (Lara & Marli) op aarde!

Ek is dankbaar vandag.
Dankbaar vir happiness en JOY!
Dankbaar vir wysheid en verstand!
Dankbaar vir ‘n God wat ALTYD WEET!
Dankbaar vir die klein en groot!
net

Dankbaar!

DEEL
Vorige artikelOm te lag – en te huil
Volgende artikelMamma moet nie vir haar ‘n pop koop…
Blogger - Marize Hayes Barnard
Ek is ‘n dagdroom dame, ‘n doodgewone voshaarnooi sonder enige pretensie. Ek waardeer die mooi en die seer in die lewe, want tog is dit waar kosbare oomblikke veilig weg gebêre word. Ek bly in Swellendam, die mooiste dorp in die wêreld. My hart is om liefde te gee, om lewens te verander en God met onvoordelike liefde in verwondering LIEF te hê. My skrywe is doodgewoon geïnspireer deur my Skepper.