Die dinge van die aarde en ’n sekuriteit wat nooit vervaag nie

Haar man het onverwags sy werk verloor en sy het na my toe uitgereik en vir gebed gevra.

“Liewe vriendin, ek weet hoe jy voel…”, 

Net ‘n paar jaar vroeër kon haar woorde myne gewees het.

Ek het geweet dat iets verkeerd was die oomblik toe hy, heeltemal té vroeg, voor die einde van die werksdag, by die deur ingekom het. Ons baba sou oor twee weke gebore word, en ek het net die week

vantevore, met groot vreugde en opgewondenheid om ‘n nuwe ma te word, bedank uit my voltydse werk. Waar sou ons leef? Hoe sal ons ons rekeninge betaal? Onderwerpe soos ons mediese fonds en doeke het bronne van spanning geword, in plaas van seëninge.

“Maar God,” het ek gebid God, moet my asseblief nie van hierdie plek af wegneem nie. 

En daarmee het ek bely waar my sekuriteit is – in die bekendheid van landmerke en sitkamers; en die oorvloed van besittings en stewige bankrekeninge – in plaas van in die ongeëwenaarde God wat reg van die begin af my toekoms in Sy hande vasgehou het.

Ons het daardie werksverlies in die begin verpletterend gevoel. Uit God se perspektief – en uiteindelik ons s’n – was dit ‘n waardevolle tyd van loutering en groei; iets wat ons nie sou teruggaan en verander nie, selfs al kon ons dit doen. Ons het geleer om te evalueer wat ons ware behoeftes was, en waarsonder ons kon klaarkom, gegroei om minder beïndruk met onsself te wees en meer beïndruk te wees met Jesus en ons groot behoefte aan Hom.

Moet my nie van hierdie onstabiele wêreldse plek, wat sulke soete, stabiele eenheid met U voorsien, wegneem nie.

Die goed van hierdie aarde sal nooit tevrede stel nie, en dit sal alles uiteindelik vervaag. Maar as gevolg van Jesus, is daar soveel meer aan hierdie lewe as wat ons kan sien. Deur elke beproewing en elke noodsaaklike oorgawe, skryf God ons verhale en Hy wil hê dat ons niks kortkom nie (Jakobus 1:4) in Sy proses om ons meer soos Hom te maak. Hoekom sal ek ooit waag om te dink dat my planne of enige wêreldse voorsiening beter as dit kan wees?

Wat van jou, vriendin? Moenie die werk wat God in jou wil doen ignoreer nie. Moenie nog ‘n dag mors om die dinge van hierdie wêreld na te jaag asof hulle jou sal maak of breek nie. Rus in die hoop en sekuriteit wat net Jesus kan gee. Aanvaar voluit waar Hy jou geplaas het. Wandel nederig. Vertrou Hom ten volle. Leef dankbaar. En wees verheug omdat jy weet dat jy ‘n bietjie meer soos Jesus sal lyk aan die ander kant.

DEEL
Vorige artikelDis ‘n lekker bonus
Volgende artikelSwaar word soet
Blogger - Velia Basson
Velia Basson woon in George en is al vir 33 jaar getroud en 'n ma van drie groot seuns, Quintin (30), Juan (27) and Adriaan (23). Sy werk voltyds by a prokureursfirma as aktestikster en na-ure verryk sy vroue op haar blog, Lief God Grootliks: liefgodgrootliks.wordpress.com