Die drastiese handelinge van God

As jy al ooit gewonder het of God jou gebede kan hoor wanneer jy baie diep vasgevang is in die gevolge van jou sonde…

Maak geen fout nie; Jona het gesondig en weggehardloop van God af. Hy het toegelaat dat haat en vrees vir ‘n spesifieke groep mense sy hart vergiftig tot op die punt waar hy eerder ongehoorsaam aan God sou wees as om deur Hom gebruik te word.

En selfs in sy verset kon Jona nie ver genoeg wegvaar nie.

God het na hom toe gekom.

Hy het as ‘n storm gekom om Jona uit sy slaap te wakker te ruk. Letterlik en figuurlik. Jona het nie gedink aan hoe sy keuses diegene rondom hom sou beïnvloed nie. Die meeste van die kere wanneer ons daarop aandring dat die lewe moet loop soos ons dit wil, op ons terme, dink ons ook nie daaraan nie.

Ongelukkig neem dit soms ‘n storm om ons aandag te kry.

‘n Storm so groot dat dit ons wakker skud om ons sondetoestand te besef en voor God te buig in berou.

En dis hier waar ons ons vriend Jona vind. Sy reis van verset teen God eindig skielik in die middel van die oseaan, in die maag van ‘n groot vis.

En dis hier waar Jona uitroep na God.

Jona het gedink om in die see gegooi te word, te midde van ‘n verskriklike storm, sou sy dood beteken en die uiteindelike gevolg wees van sy sonde om van God af weg te hardloop.

En tog het God verkies om sy genade uit te reik aan Jona, iets wat Jona self nie bereid was om aan die volk van Ninevé te doen nie.

En tog is dit wat Jona nodig gehad het om uiteindelik met God te praat.

Daar in die maag van die groot vis draai Jona terug na God.

In dankbaarheid verklaar hy: “In my nood het ek tot die Here geroep, en Hy het my gebed verhoor. Diep in die doderyk het ek hulp gevra, en U, Here, het my gehoor.” (Jona 2:1-2)

Selfs al het Jona van God weggehardloop en selfs al het hy hom verset, het God hom lief genoeg gehad om hom te bestraf en te red. God het gekies om nie ‘n dowe oor te draai na Jona se pleidooi om hulp nie. In plaas daarvan was God daar die oomblik toe Jona uitgeroep het om hulp en het Hy hom geantwoord. (Jona 2:1)

Maak nie saak in watter storms van die lewe ons onsself mag bevind nie, ongeag hoe erg die situasie … God hoor altyd sy kinders se geroep om hulp.

Dit was in die buik van daardie groot vis dat God nie net die gebede van sy kind gehoor het nie, maar ook waar Hy genade aan Jona bewys het.

Moet nooit vergeet nie; daar is nie ‘n sonde te groot of ‘n situasie te donker waaruit God jou nie kan red nie. Soos Jona moet jy na God draai in die middel van jou storm en kyk hoe Hy jou daar ontmoet, selfs al is dit in die buik van ‘n groot vis.