Die duurste Engelse speler

0
121
Raheem Rogers

‘n Sportartikel berig dat die Engelse sokkerspeler (Raheem Rogers) deur ʼn klub vir £49 miljoen gekoop is. Teen die huidige wisselkoers is dit R943 miljoen.

‘n Sportartikel berig dat die Engelse sokkerspeler (Raheem Rogers) deur ʼn klub vir £49 miljoen gekoop is. Teen die huidige wisselkoers is dit R943 miljoen.

Dit is blykbaar die meeste wat daar nog ooit vir ʼn Engelse sokkerspeler betaal is. Toe ek dit lees, het ek gewonder hoe dit voel om te weet dat iemand bereid is om byna eenduisend miljoen rand vir jou vaardighede te betaal. Dit sal jou seker goed laat voel.

Toe dink ek skielik aan Paulus se woorde in 1 Korintiërs 6:20 waar hy sê: “Julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.

Liewe leser, Jesus het baie duur vir my en jou betaal. Hy het met sy lewe vir ons betaal. Dit wys hoe kosbaar ons vir God is.

DEEL
Vorige artikelVloek hierdie Minion?
Volgende artikelLeef julle by mekaar verby?
Hennie Stander
Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog.