“Die engele was by my”

heilige_gees.jpg

In gister se koerant vertel ‘n vrou hoe byna haar motor gekaap is toe sy by haar huis se motorhek gestop het.

In gister se koerant vertel ‘n vrou hoe byna haar motor gekaap is toe sy by haar huis se motorhek gestop het.

‘n Kaper het ‘n rewolwer teen haar kop gedruk en gedreig om haar te skiet. Sy het vinnig agteruit gery en weggejaag. En dan voeg sy by: “God se engele was by my.”

Ek wonder altyd hoekom mense dink dat dit die engele is wat by hulle is wanneer hulle ʼn noue ontkoming gehad het. Jesus sê in die heel laaste vers van die Boek Matteus: “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.” So die belofte is mos dat Jesus elke oomblik by my is.

Verder gee Jesus die volgende belofte in Johannes 14:16 wanneer Hy sê: “Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ’n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees.” So hier sê Jesus dat die Heilige Gees elke oomblik by ons is.

So hoekom dink ons dat dit engele is wat by ons is? Dink ons dat die Gees te besig is om by ons te wees? Of dink ons dat die Gees hulp nodig het?

Wie sal jy die graagste elke oomblik by jou wil hê? Engele of die Heilige Gees?

lyn_3.png

Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog (www.henniestander.co.za).

Dit lyk deesdae of niemand meer glo nie. En diegene wat wel leef vanuit ’n verhouding met hulle Skepper, raak skaam om dit te sê. Nie Hennie nie! In Hoekom ek nog glo vertel hy uit sy eie lewe van die werklikheid wat die Here vir hom is. Hy getuig van groot en klein wonderwerke, maar veral van sy Verlosser. Bestel hierdie boek in sekondes by voelgoedwinkel.co.za en lees dit in een dag deur … Dit sal jou geloof  lewenslank versterk.