Die fondament van integriteit

0
86

Gwede Mantashe, die nuwe sekretaris van die ANC, het volgens berigte Vrydag gesê dat die ANC ‘n ryk president het (Cyril Ramophosa) wat nie in die versoeking sal kom om te steel nie.

Mantashe het dit goed bedoel, en ek wil ook Ramophosa se eerbaarheid aanvaar, maar daar is wel ‘n groot denkfout in Mantashe se stelling. Dit is nie rykdom wat mens weerhou van versoekings of diefstal nie, maar wel integriteit, en integriteit het absoluut niks te maak met die hoeveelheid besittings of geld wat jy het nie. Ryk mense kom nie vir een oomblik minder in die versoeking as arm mense nie. ‘n Mens kry ryk en arm skelms, en ‘n mens kry ryk en arm eerbare mense.

Jou lewensbeginsels vorm die basis van integriteit, en dit stuur jou lewe.

Die skrywer van Spreuke 28:6 het dit ook besef toe hy gesê het:

Liewer arm wees en eerbaar lewe

As oneerlik lewe en ryk wees.”

DEEL
Vorige artikel’n Groot dankie aan al ons lesers!
Volgende artikelLeer by die matrikulante
Hennie Stander
Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog.