Die Fyn lyn tussen reguit wees & net plein weg ongeskik wees

Sjoe! Die samelewing is vol van soveel negatiwiteit, jaloesie, onbeskof wees en soveel seer.

Ek bedoel, ek weet dit was nog altyd, maar op die oomblik lyk dit erger as vantevore. En dit is net daar in die voorpunt, glad nie weggesteek in die duister dieptes nie.

Almal – of dit nou as jy ‘n student, ‘n werkende volwassene, of ‘n ouer is – moet jy die verskil tussen hierdie twee ken. Dit mag voorkom om soortgelyk aan mekaar te wees, maar die uitkoms daarvan kan radikaal anders wees.

Ek sien hoe ander mense soveel kommentaar ontvang wat net pleinweg ongeskik is. Ek sien kommentaar op die manier waarop mense kyk, op die manier waarop mense skryf, in hul fotografie, op watter kos mense eet, en op elke onderwerp waaroor jy kan gesels!

Jy sien, om reguit te wees, is om eerlik te wees met ‘n persoon sonder om hul gevoelens seer te maak. En aan die ander kant, om ongeskik te wees, is wanneer jy onbeskofte of kwetsende opmerkings teenoor ‘n persoon maak en hul gevoelens seermaak. Ja, dit mag dieselfde klink, maar nee, dit is nie!

Baie dinge in die lewe is nie wat ons doen of wat ons sê nie, maar hoe ons dit doen en dit sê. Onbeskofte persone kan dit nie verstaan nie.

Dit is aanvaarbaar om reguit te wees, meeste mense soek eerlikheid en integriteit, maar ‘n mens moet nooit ongeskik voorkom nie, dit het nog nooit iets te doen gehad met eerlikheid nie. Partykeer kan dit ontnugterend wees om te sien hoe mense nie besef watter impak hulle woorde op ander het nie.

Ons is geneig om toe te laat dat mense ons afbreek met hul ongeskikte woorde, kritiek, oordeel van wat verkeerd of sleg is oor jou, maar dis bloot ‘n weerspieëling van hul behoefte om te beheer en te dikteer.

Jou tong het nie bene nie, maar dis sterk genoeg om harte te breek.

Hoe jy mense behandel sê baie oor jouself. Om werklik eerlik te wees met ander, moet ons eers heeltemal eerlik met onsself ook wees. Dit vereis dat ons in staat is om die verskil tussen ons eie ego en waarheid te kan onderskei. Ons ego is die deel van ons wat klein, geïsoleerd, geskei, onwaardig en bang laat voel. Dit is ‘n illusie, gedemonstreer deur die feit dat jou uitdrukkings vlugtig en wispelturig is, en het dus geen wesenlike realiteit nie.

Jy kan nie jouself opbou deur ander mense af te breek nie. Jaloesie sal jou kans op sukses vernietig nog voordat jy nog ‘n kans gehad het om dit te behaal. Streef na jou eie drome met integriteit. Sukses is volop en daar is genoeg vir almal.

Mense se kritiek is ook ‘n weerspieëling van wat hulle laat onveilig voel. Anders sou hulle nie die tyd en die moeite neem om hul mening te lug met die opset om ander seer te maak nie. Hierdie tipe mense lok chaos en spreek voortdurend kritiek uit.

Om iemand anders se kers uit te blaas gaan joune nie helderder laat skyn nie. Moenie ander seermaak met jou woorde en aksies nie. In Spreuke 15 vers 4 staan daar geskryf: “Kalmerende woorde bring lewe, skynheilige woorde breek mense”.

Laat jou woorde en dade mense inspireer eerder as om af te breek. Wees iemand wat ‘n verskil maak, ‘n vriendelike tong bring lewe. Die lewe is alles oor die reis, wees die brandstof vir iemand anders se vlam.