die geveg om gewig op te tel

0
28
anoreksia.jpg

My vermoede dat ek iets sal moet doen aan myself, is versterk die dag toe die skoolhoof my ma gebel het. Wat hy “gehoor” het fout was, was nie die waarheid nie. Maar hy was nietemin bekommerd. My ma was kwaad en ek was verneder. Blykbaar het hy gehoor ek druk my vinger in my keel pouses.

Eintlik wou ons in sy gesig lag … wat moes dan nou uitkom as ek niks geëet het nie? My ma het die saak reggestel. En ek wou weet wie dit was wat stories opgemaak het. Wat het ek aan wie gedoen?  

Later het ek uitgevind dat mens iemand nie as “uitdagend” moet beskryf wanneer ’n juffrou jou vra om ’n ou in die klas te beskryf nie. Vir hom is dit ’n belediging en hy het sy wraak gevat … maar my ook in die proses gehelp om myself in ’n mate reg te ruk.   Dit was nie maklik om terug te kom van 32 kg en dit sommer so te aanvaar nie. Ek wou steeds soms histeries raak soos wat ek gewig opgetel het. Soms het ek daarvan weggeskram. Selfs op tye weer begin verloor.

Dit is ’n mallemeule van emosies, selfhaat, ’n bloedige geveg vir gesondheid en oorlewing. Maar vandag cope ek soort van.   Lees Vrydag my afskeidboodskap …

Vir vorige blogs, kliek hier.