Die grootste oes tot nog toe

556

Daar is reeds begin om die mielies te oes. Dit is egter reeds duidelik dat ons hierdie jaar die grootste mielieoes in die geskiedenis gaan hê!

Daar is reeds begin om die mielies te oes. Dit is egter reeds duidelik dat ons hierdie jaar die grootste mielieoes in die geskiedenis gaan hê!

Daar word verwag dat Suid-Afrika hierdie jaar 15,631 miljoen ton mielies gaan oes. Is dit nie wonderlike nuus nie! Ons kan gerus ook hierdie positiewe storie vir mekaar vertel.

Daar is natuurlik ʼn direkte verband tussen dit wat jy plant, en dit wat jy oes. As jy graan saai, oes jy graan; as jy mielies saai, oes jy mielies. Dit klink na ʼn baie vanselfsprekende  waarheid wat selfs nie eens uitgespel hoef te word nie. Tog vergeet mense dikwels dat hierdie selfde waarheid ook in ʼn mens se geestelike lewe afspeel. Dit wat jy geestelik in jou lewe inbou, is dit wat jy gaan oplewer. As jy jou met slegte dinge besig hou, gaan jy dit ook oes. Maar gelukkig is die omgekeerde ook waar: Doen goed want op die ou einde lewer dit goeie vrugte af.

Net soos ʼn mens presies oes dit wat jy geplant het, net so gebeur dit ook in jou geestelike lewe. Dit wat jy in jou gees koester en saai, dit gaan jy oes. Galasiërs 6:7-10 stel dit so:  “Wat ’n mens saai, dit sal hy ook oes. Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes. Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.”

lyn_3.png

Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog (www.henniestander.co.za).

Dit lyk deesdae of niemand meer glo nie. En diegene wat wel leef vanuit ’n verhouding met hulle Skepper, raak skaam om dit te sê. Nie Hennie nie! In Hoekom ek nog glo vertel hy uit sy eie lewe van die werklikheid wat die Here vir hom is. Hy getuig van groot en klein wonderwerke, maar veral van sy Verlosser. Bestel hierdie boek in sekondes by voelgoedwinkel.co.za en lees dit in een dag deur … Dit sal jou geloof  lewenslank versterk.