Die hart van God – vroue in sending

0
870

Merkwaardige sendingvroue leef voort in publikasie.

Ds Lisel Joubert en Dr Isabel Murray, die samestellers van Die hart van God, het albei voormoeders in die sending gehad. Vandag is Lisel predikant van die NG gemeente op Gansbaai en Isabel ‘n argiefbeampte by die NG Kerk se argief op Stellenbosch.

Daar in die argief kon Isabel en Lisel uit dagboeke, briewe en ander bronne die “vergete vroue” lewend laat word. Hulle wou juis nie net die vroue se verhale vertel nie, maar hulle ook self laat praat. Dit is ironies dat hierdie sendingvroue se bydrae dikwels nie amptelik herken is nie. Die rede? In die laat 1800’s is vroue hoofsaaklik gesien as tuis by die huis of as hulp vir haar man. So het die verhale van vroue in die sending byna verlore gegaan. Maar Lisel en Isabel het ‘n klompie skrywers gekies – almal vroue, behalwe een man wat uit ‘n geskiedenis van voormoeders in die sending kom – om die verhale te skryf.

Die vroue in Die hart van God was aktiewe en dikwels onafhanklike agente in die sendingkonteks. Hulle het min (amptelike) erkenning gekry, maar belangrik was dat hulle die hart van God in die sendingveld verteenwoordig het en hulle verhale daarom van God self getuig.

Spesiale aanbod aan Finesse-lesers!
Kry nou jou kopie van Die Hart van God – verhale van vroue in sending teen die spesiale prys van R180.
(Normale prys R230)
Meld Finesse: Spesiale aanbod met jou bestelling.
*Posgeld uitgesluit. Aanbod geldig tot 30 April 2018 of solank voorraad hou.

021 873 6964 | info@clf.co.za | www.clf.co.za

This slideshow requires JavaScript.