die keerpunt wat my lewe gered het

0
22
anoreksia.jpg

Ek kan die dag nog soos gister onthou … ek het skelm op die skaal geklim omdat my ma my weer die een of ander tyd wou weeg en ek voorbereid wou wees op wat kom. “It is painful to be beautiful” en ek was bereid om die punch te vat. Ek het die dag baie sleg en lighoofdig gevoel … te min eet en te veel lakseermiddels.

Toe ek op die skaal klim het ek myself dood geskrik! 32 kg! Selfs in my ‘siek’ kop het daar rooi ligte af gegaan. Ek het opgekyk en dit was asof ek myself vir die eerste keer regtig raaksien! Daar was regtig niks van my oor nie … op daai oomblik het my ma se duisende gebede ingeskop.

Ek kon vir die eerste keer sien dat ek nie goed lyk nie … eintlik niks beter as ʼn geraamte nie. Maar hoe maak mens dit beter? Want vir hompe eet en baie ekstra gewig het ek ook nie kans gesien nie. Maar al wat ek geweet het, is dat ek iets moet doen! Ek het net skielik geweet as ek dit nie doen nie, sou ek beslis doodgaan …  Lees Woensdag hoe ek die stukkies van my lewe opgetel het …

Vir vorige blogs, kliek hier.