die leuens wat ons vet hou

0
19

  1. As jy iets eet en niemand sien jy eet dit nie, het dit geen kilojoules nie.
  2. Wanneer jy ’n Coke light drink, terwyl jy ’n sjokolade eet, word die kilojoules van die sjokolade gekanselleer deur die Coke.
  3. Kos wat geniet word vir medisinale redes tel nie, soos warm sjokolade, brandewyn, roosterbrood en kaaskoek!
  4. Klein stukkies van ’n koekie het geen kilojoules nie. Wanneer die koekie gebreek word, breek die kilojoules ook af.
  5. Middernaghappies het geen kilojoules nie. Die yskas se liggies is nie skerp genoeg vir die kilojoules om hulle pad te vind na die kos nie.
  6. Wanneer jy besig is om kos te maak het kos wat jy van die lepel aflek nie kilojoules nie. Byvoorbeeld grondboontjie botter of ’n lepel roomys …

Kos van dieselfde kleur het dieselfde hoeveelheid kilojoules. Soos spinasie en pistachio roomys, sampioene en wit sjokolade. Sjokolade is ’n universele kleur en kan instaan vir enige kossoort.