Die lewe is ‘n spansport

265

Die mense in wie se geselskap jy elke dag verkeer, het ’n ontsaglike invloed op jou gemoedstoestand.

Agter elke suksesvolle atleet staan ’n span afrigters, motiveerders en borge.
Om jou volle potensiaal te bereik, het jy ook ondersteuners nodig wat jou aanmoedig, reghelp en ophelp as jy dit die nodigste het.

Jou span bestaan uit jou vertrouelinge, hartsmense en geesgenote.
Dis die mense na wie jy kan gaan vir onderskraging, raad en wysheid. Dié wat jy vertrou en na wie jy kan luister.

Dis nie altyd maklik om te luister, raad te vra of hulp te aanvaar nie. Tog is dit nodig om jou drome werklikheid te maak.

Vermy die pessimiste. Maak seker dat jy ’n ondersteuningsnetwerk opbou wat positief op jou lewe inwerk.

Lynette Beer, motiveringspreker