Die naam “Mandela”

0
11
mandela.png

Die naam “Mandela” het ‘n kommoditeit geword. Makaziwe Mandela, die oudste dogter van ons voormalige president, het nou ook ‘n reeks wynsoorte onder die titel “House of Mandela” bekendgestel . Die artikel sê ook dat “The Mandela name is considered one of the most valuable personal brands in the world, with 46664 being the most recognisable offshoot. The non-profit organisation was established in 2002 and now includes a clothing range, cellphone starter packs and bangles, with a portion of sales going towards charity.”

Maar ek ken ‘n Naam wat veel  meer gewig dra as die naam “Mandela”. Petrus sê onder andere in Handelinge 4:10: “Julle almal en die hele volk Israel moet weet dat dit in die Naam van Jesus Christus van Nasaret is dat hy (= die verlamde man) hier gesond voor julle staan—dié Jesus vir wie julle gekruisig het, maar wat God uit die dood opgewek het.”

Wanneer daar gepraat word van die krag wat tot ons beskikking is in die Naam van Jesus, gaan dit nie net oor die Naam “Jesus” as sodanig nie. Dit gaan eintlik oor die Persoon Jesus. Dit is Hy wat uit die dood uit opgestaan het, en in Wie se oorwinningskrag ons die lewe kan aandurf.  Daarom kan ons soos oorwinnaars leef!