Die nadelige uitwerking van suiker op ons gesondheid

1304

Oormatige suikerinname is geïdentifiseer as die hoofbydraer tot vetsug en verwante gesondheidsprobleme.

Belasting op suikerryke drankies word deesdae wêreldwyd oorweeg as gevolg van die negatiewe uitwerking wat oorgewig op gesondheid het. Alhoewel gepubliseerde feite en gesondheidsadvies duidelik die verband tussen suikerinname en gesondheidsprobleme soos vetsug en diabetes aandui, bly ons suikerverbruik aan die toeneem. Hoekom?

  • Verslawing: Die drang na soetgoed as gevolg van gereelde suikerinname is soortgelyk aan die drange wat verband hou met dwelmverslawing.
  • Versteekte suikers: Min mense besef hoeveel suiker hulle inkry deur middel van speserye, verwerkte kosse, koeldrank, vrugtesap en gegeurde water.

Versteekte suikers

Versteekte suikers in koeldrank, vrugtesap, gegeurde water, ystee, tamatiesous en verwerkte kosse dra meer by tot ons suikerinname as die suiker wat ons self by kos en drank voeg.

Weet jy hoeveel lepels suiker in jou gunstelingkos- of drankie versteek is?

  • 330 ml koeldrank = 9 teelepels
  • 500 ml gegeurde water = 9 teelepels
  • 300 ml drinkjogurt = 9 teelepels
  • 500 ml vitamienwater = 7 teelepels
  • 100 ml tamatiesous = 6 teelepels

Andrea du Plessis, dieetkundige

Facebook: www.facebook.com/Gesondheid.AndreaduPlessis/
Twitter: @andreaduplessis
E-pos: andrea@wemedia.org.za