Die Net Girls-bootreis was onvergeetlik!

0
75
net_vir_die_girls_bootreis_2013.jpg

Die anker is gegooi en 2013 se bootreis is in ’n oogwink verby. Almal is op ’n hoë noot daar weg. Maar die pret, samesyn en lewenslesse van die naweek sal ons nog lank bybly.

Op die hawe het 1 400 vroue in geblomde rokkies en met kleurryke blomme om die nek opgewonde gestaan en klets. Onder hulle was Sorina Erasmus, beter bekend as die Flooze, en die TV-aanbieder, Lindie Strydom, wat vir die vermaak en inspirasie sou sorg.

Voor ons het die superluukse passasierskip, die MSC Sinfonia, gelê en wag. In elke leser se kajuit was daar ’n sakkie propvol bederf. Die inspirerende boek, CD, bootreis T-hemp en FINESSE het almal verwag. Maar sjoe, daardie REVLON-lipstiffie, -blosser en -oogskadu was omtrent ’n bonus! Om nie eens te praat van die rewolusionêre Zehra-produk nie.

1.jpg 2_0.jpg
3_0.jpg 4.jpg
5.jpg 6.jpg
7.jpg 8.jpg
9.jpg 10.jpg
11.jpg 12.jpg
13.jpg 14.jpg
15.jpg 16.jpg
17.jpg 18.jpg
19.jpg 20.jpg
21.jpg 22.jpg
23.jpg 24.jpg
25.jpg 26.jpg
27.jpg 28.jpg
29.jpg 30.jpg
31.jpg 32.jpg
33.jpg 34.jpg
35.jpg 36.jpg
37.jpg 38.jpg
39_0.jpg 40.jpg
41.jpg 42.jpg

Nadine van Staden, bemarkingsbestuurder by Vital Health Foods en Zehra, het tydens die funksie haar splinternuwe verjongingsproduk aan die vroue voorgestel. Die belangstelling was dadelik geprikkel en almal het aandagtig na haar geluister, veral toe sy sommer vir 10 gaste ’n maand se voorraad gegee het!

Besoek www.zehra-agebeautifully.com vir meer inligting oor hierdie merkwaardige aanvulling.

43.jpg 44.jpg
45.jpg 46.jpg
47.jpg 48.jpg
49.jpg 50.jpg
51.jpg 52.jpg
53.jpg 54.jpg

Die REVLON-span het vier werkswinkels op die boot aangebied om die dames te wys hoe om op hulle beste te lyk.
Tydens hierdie sessies het Carishma, REVLON se professionele grimeerkunstenaar, en Michelle grimeertegnieke op een dame gedemonstreer. Daarna het die vroue dit self probeer. Waar iemand vasgehaak het, was daar ’n kundige grimeerkunstenaar om raad te gee. So het hulle geleer hoe om die Colorstay-oogskadu in te skakeer en blosser op presies die regte plek aan te wend. Met die Photoready-bronser het almal in ’n kits ’n songekuste voorkoms gehad!
Soos ons REVLON ken, was daar ook hope geskenke wat weggegee is. Selfs geskenkpakke vir die manne by die huis!

1_0.png 2_0.png

Volgende jaar vind die bootreis van 14 tot 17 Maart op die splinternuwe Opera plaas. Hou ons webwerf en die FINESSE dop vir meer inligting. Jy mag nie hierdie lewensveranderende wegbreek misloop nie!