die permanente gevolge van anoreksie

0
81
anoreksia.jpg

Wanneer jy gedwing word om meer te eet (wat ander mense eintlik sien as ’n porsie vir ’n driejarige) en jy wil daarvan ontslae raak, word lakseermiddels jou nuwe beste vriend. Dit is beslis nie goed vir jou nie en het baie nagevolge … maar vir ek het vas geglo “it’s painful to be beautiful” en mens moet maar vasbyt om die resultaat te kry wat jy wil hê. Die ding met lakseermiddels is dat na ’n ruk die voorgeskrewe twee pille nie meer genoeg is nie.

Dit word later drie, dan vier en dan vyf … anders werk dit nie.   En genade DIT maak jou so siek. Dit voel regtig om jy vir daardie ruk die slegste maagvirus het onder die son. Jy is naar, kan nie mooi regop loop nie en jou bloeddruk val … en ek wat nie veel eet nie, het ook ernstige spierkrampe begin kry. Maar ek het vasgebyt en nog gewig verloor. Deesdae kan ek nie een van daai pille naby my mond bring nie, dan is ek klaar siek.

As ek terugdink aan wat ek aan myself gedoen het, is ek geskok. Kon ek nie vir myself gedink het nie? En glo my, ek sit vandag met baie ‘nagevolge’ … my oë is baie swak, my tande is bros en breek so maklik, my hare is vreeslik dun en val baie uit, my lyf is onderontwikkel op die plekke waar daar vroulike kurwes nodig is.

Ergste van alles is dat ek ook sukkel om swanger te word … en ek is bang om my te laat toets want wat as dit ook nog my skuld is? En dan is daar ook die vraag: “Sal ek kan cope met swanger wees?” Met al daai ekstra gewig … Anoreksie het permanente gevolge … so dink mooi voor jy dit aan jouself doen.   Lees Maandag oor my pad na ‘herstel’ …

Vir vorige blogs, kliek hier.