Die punt van die ysberg

Diana Robertson

Die punt van die ysberg lyk groot bo die water maar die deel onder water is heel groter.

Net 10% van die yseberg is bo die water, die ander 90% is onderwater, net soos ons. Net 10% van ons persoonslikhede is sigbaar. Daardie 10% is ons selfbeeld… 90% van ons potentiaal en wie ons regtig is of kan wees, is nie sigbaar en sal dalk nooit ontdek word.

Gemaksone

Die 10% is ons gemaksone. Ons het almal ‘n gemaksone.  Dit mag jou gunsteling stoel in die kerk wees, of waar jy vir middagete sit by die werk… dus almal en alles wat vir jou gemaklik is. Laas jaar hierdie tyd, presies February 2017 het ek besluit om uit my gemaksone te stap. Ek het besluit om iets heel anders te doen. Ek het aan die Mev Afrika kompetisie deel geneem en myself geskok. My eerste skoonheids kompetisie. Dit was ‘n uitdaaging wat my persoonlike kwessies in die gesig laat staar het, dit het nuwe talente na vore gebring en dit het my liefde vir my gemeenskap en die bemagtiging vir vroue sterker laat word. Ek was nie net as Mev Afrika 1st Prinses 2018 gekroon maar ek het nog ‘n 10% van my potentiaal blootgestel. As jy uit jou gemaksone stap, word die punt van jou ysberg net so bietjie groter… Meer mense sien jou raak, hul hoor jou net so efens duideliker en hul begin luister na wat jy te sê het.

10 persent is net die begin van wat jy tot instaat is

Ek wil nie dood gaan met soveel potentiaal wat nooit ondek is. Ek wou nie sê “wat moes” of “wat kon” gewees het. Ek het besluit om die klein bietjie moed wat ek gehad het, daardie 10% bymekaar te skraap en dit te gebryk om my aan te dryf tot die volgende vlak. Ek was net ‘n gewone onderwyseres en normale vrou… maar as ek ‘n jaar later in die spieël kyk is ek dankbaar vir die geleentheid. Ek kyk nou uit na beter en groter dinge… en ek is nie meer bang vir uitdaagings of verandering. As vroue het ons vele talente… die 10% is net die begin van wat jy tot instaat is.

 Deel jou waarheid

As Mev Afrika finalis het ons baie motiveerings sessies gedoen in die openbaar en by gemeenskapsontwikkeling projekte deel geneem. Dit was ‘n baie moeilike uitdaaging aan die begin maar het dit soveel makliker geword toe ek net “deel wie ek is”. Die mees belangrikse ding wat ek geleer het was nie oor skoonheid, of mooi wees of enige wanpersepsie van skoonheidskompetisies… Die mees belangrikste les wat ek geleer het is dat die mees kragtigste instrument wat ‘n vrou het, is om haar waarheid te deel. Jou waarheid, is jou storie. As jou storie jong mense kon impak, as dit iemand kon keer vanaf ‘n slegte besluit, as dit ‘n ander jong dame se toekoms kan verander… as jou storie iets vir iemand anders beteken word die punt van jou ysberg groter. Deel jou waarheid met ander.

Maak jouself en jou drome prioriteit

Ek was genyg om altyd ander eerste te sit. Gedink dus die manier om my liefde en lojaliteit aan ander te wys. Die kompetisie het my laat besef dat in alles wat ek doen en besluit oor my toekoms, moet ek myself eerste sit. Soos my Ma gesê het, “Wanneer jou koppie vol is, is dit makliker om met ander te deel”. Ek moes by ‘n punt kom waar ek doen wat vir my belangrik was, wat my toekoms positief gaan beinvloed, vir my deure oop maak en my bemagtig om dan ander te kan help. Dit was makliker gesê as gedaan aan die begin. Daar was heeltyd ‘n skuld gevoel wat oor my gehang het. Soms is dit moeilik om as Vrou, as Ma, as Suster… om jouself eerste te sit. Maar jy het ‘n verantwoordelik teenoor God en teenoor jouself om tot jou volle pontentiaal te lewe.   Dus my ervaaaring jy kan ook jouself uitdaag en iets heel anders doen… skok jouself… maak die punt van jou ysberg net so efentjies groter… Daag jouself uit.

Vir meer inligting oor Mev Afrika kompetisie: www.mrsafrica.co.za

Instagram: @lady_di101
Twitter: @MrsDiana101
Facebook: Mrs AfricaTourism Earth / Mrs Africa 2018 1st Princess – Diana

Foto en grimering krediet aan Cathy Heaton @cathyheathonphotography.