Die skole begin vandag!

0
367

Ek kry vandag ‘n foto’tjie van my kleinseun waar hy gereed staan met sy tas in sy hand om na sy eerste skooldag te begin.

Ek word sommer bewoë want meer as 30 jaar gelede het ook my seun en my dogter op presies dieselfde plek gestaan, skooltas in die hand, op pad skool toe. Soveel het intussen gebeur! Dan wonder mens wat lê voor vir hierdie kindjie.

Dadelik sien ek voor my geestesoog vir ‘n Jakob wat Josef se twee seuns, oftewel sy twee kleinseuns, seën. Ons lees mos die volgende in Genesis 48:8-9:

Toe Jakob die twee seuns van Josef sien, vra hy: “En wie is hulle?”

Josef het sy pa geantwoord: “Dit is my seuns. God het hulle vir my in hierdie land gegee.”

Jakob sê toe: “Bring hulle hier na my toe. Ek wil hulle seën.”

Bid jy ook vir jou kinders en kleinkinders? Weet hulle dat jy vir hulle bid? Sê dit gereeld vir hulle. En bid ook saam met hulle.