Die son skyn altyd… êrens

Vrydagmiddag stap ek en my beter helfte uit TESCO uit, 17h15 op die klok en pikdonker buite. Ons neem so ewe ‘n foto, giggel oor die snaaksigheid, maar kry onsself in die stilligheid vreeslik jammer.

Gisteroggend vroeg ry ek Guildford toe om met die dames van die SA Gemeente te gaan kuier. Dit is nog half donker en daardie gevoel van verlatenheid wil-wil my oorweldig.

En toe voel dit of die Here met my praat…

“In jou ou land het alles stil gaan staan as dit donker word, of koud word, of nat word.
Nie hier nie.
Kyk bietjie om jou rond.
Hier draf mense te heerlik met hulle honde in die bytende ysreëntjie en sit hulle gesellig om ronde tafeltjies op die stoepe van straatkafees en kuier.
Jy sien hulle oral.

Want… dit is nie die einde van die wêreld nie. Dit is net donker.
Jy weet mos die lig kom weer?”

Daar is so baie lesse wat ons kom leer het aan hierdie kant, maar hierdie was vir my een van die kosbaarste.
Want ek is soms geneig om net die donker raak te sien en sommer myself te wil uit-‘tap’ uit hierdie stryd.

“Dit is nie die einde van die wêreld nie. Dit is net donker.”

En in die donker bly God nog God.
Sy woord bly steeds waarheid en Sy beloftes bly steeds staan.

“God moves all things…Himself unmoved.”

Ek onthou nou skielik hoe ons op een vlug in die donker van ‘n laatmiddag donderstorm opgestyg het, en hoe groot my verbasing was toe ons bo die wolke uitstyg en daar skyn die son nog steeds!
Net omdat ek dit nie kon sien daar waar ek was nie, het dit nie minder waar gemaak nie.
Toe ek my posisie verander, toe sien ek die lig.

Vanaand wil my hart saam met Dawid s’n opstyg…

“Your loves reaches higher
than the heavens,
and your loyalty extends
beyond the clouds.”
Psalm 108:4

Of in die woorde van Third Day se liedjie wat nou al jare in my kop maal en ‘n goue oue wat ek hierdie week met julle deel:

Your love, oh Lord
Reaches to the heavens
Your faithfulness stretches to the sky
Your righteousness is like the mighty mountains
Your justice flows like the ocean’s tide
I will lift my voice
To worship You, my King
I will find my strength
In the shadow of Your wings

Soms vergeet ek die mantra wat ek so maklik vir ander uitdeel:
“Solank die son nog skyn is daar nog hoop.
En die son skyn altyd… êrens.”

“’Twas new to me, yet old to some,
This thought that to me has become
A revelation of the way
We all should live throughout the day;
For as each day unfolds its light,
We’ll walk by faith and not by sight.
Life will, indeed, a blessing bring,
If we SEE GOD IN EVERYTHING.”
A. E. Finn

Jou temalied vir die week: Your love, oh Lord

Vorige artikelGod sal vir jou rus gee
Volgende artikelSommige dae moet jy net KBO
Blogger - Maxie Heppell
Vir baie lank het my lewe nie regtig rigting gehad nie. 'n Gekompliseerde kindertyd, verkeerde keuses en dan die ongelukkige gevolge daarvan, het my gevange gehou. Tot daardie dag dat die Here Sy kind uit die modder opgetel en haar voete stewig op Vaste Rots laat land het. Psalm 40 bly tot vandag toe 'n groot favourite! Dit het my baie jare geneem om uit te kom by dit wat Hy nog altyd vir my lewe bedoel het. Maar nou is ek hier. En ek glo in God Drie-Enig, in die maagdelike geboorte, in Jesus aan 'n kruis, maar meer nog - aan die opgestane Jesus in my eie lewe. Ek glo dat Hy ons weer gaan kom haal en dat ek tot dan die Heilige Gees het wat my lei en my denke help vernuwe. In 2009 behaal ek my B.Th graad in teologie en sedertdien preek ek, praat ek en deel ek oral waar ek genooi word. Ek en my eerste liefde en ons langhaar-vierbeen meisiekinders bly tans op Jeffreysbaai in die Oos-Kaap en ons getuig gereeld: Die Here is nie net goed vir ons nie, Hy bederf vir ons!