Die Tim Noakes dieet, goed of sleg?

0
23
dieet.jpg

As jy die Tim Noakes dieet volg, mag jy dalk wonder of daar enige nagevolge daaraan verbonde is.

Die Tim Noakes dieet is ʼn hoë-vet, lae-koolhidraatdieet wat alreeds deur dokters en dieetkundiges bevraagteken word. Hierdie dieet veroorsaak dat mense gesonde voedselsoorte uitsluit.

Tim Noakes sluit die volgende voedingstowwe uit sy dieet:

  • Suiker (moet heeltemal verwyder word uit jou dieet)
  • Alle soet drankies insluitend koladrankies en versoete vrugtesap
  • Brood
  • Rys
  • Pasta
  • Aartappels
  • Pap
  • Ontbyt graan
  • Sommige hoë-energie vrugte soos piesangs
  • Koek en lekkers
  • Nageregte met suiker en koolhidrate
  • Kunsmatige versoeters
  • Plantolies, dit bevat hoë konsentrasies van omega 6 vetsure
     

tim_noakes.jpgHy glo dat daar nie ʼn noodsaaklikheid is aan hierdie voedingstowwe nie, maar sommige dieetkundiges stel voor dat voedselsoorte soos volgraan deel van jou dieet moet wees. Koolhidrate is ook belangrik omdat dit ʼn onmiddellike bron van energie is. Dit beheer bloedsuikervlakke en hou dit stabiel, daarom word dit aanbeveel dat jy koolhidrate deel maak van jou dieet. Dit is veral belangrik in die wintermaande, omdat dit jou immuunstelsel ondersteun.

As jy ʼn ongesonde dieet volg wat hoog in vet is, verhoog jy ‘slegte’ cholesterolvlakke wat hartaanvalle veroorsaak. Vir ʼn gesonde hart word daar aanbeveel dat jy ʼn afwisselende dieet volg, terwyl jy die inname van vet verminder. Vis, hoender, lae-vet suiwelprodukte en groente is goeie opsies. Alhoewel Tim Noakes se dieet vis, hoender en ander protiene behels, is dit ook hoog in vet wat oor die algemeen nie goed is vir ʼn mens nie. Eet liewer onverfynde koolhidrate en volgraan produkte asook meer vrugte en groente vir die voldoende vitamiene en minerale. Vesel is ook aanbeveel.

Die Tim Noakes dieet is dus gevaarlik vir sekere mense, veral vir die met nierprobleme, hoë cholesterol en hartsiektes. Wanneer hierdie dieet dus vir ʼn baie lang tydperk gevolg word kan dit gesondheidsrisiko’s verhoog, daarom is dit baie belangrik dat jy jou dokter besoek voordat jy met hierdie dieet begin.