die waarheid oor dieetkoeldrank

0
32

Baie van ons wonder of dieetkoeldrank enigsins sleg kan wees. Dit bevat dan aansienlik minder kilojoules as gewone koeldrank. So as dit nie vet maak nie, is dit mos veilig…

 

Ongelukkig is daar ’n paar dinge wat jy in gedagte moet hou voor jy net wegval en liters daarvan uitdrink:

 

  1. JY OEFEN JOU SMAAKKNOPPIES! Net omdat dieetkoeldrank laag in kilojoules is, beteken dit nie dat dit nie kan lei tot gewigstoename nie. Dit bevat wel minder as 10 kilojoules per blikkie, maar die nuutste navorsing dui daarop dat die soet smaak daarvan (selfs al is dit kunsmatig versoet) kan lei tot ’n algehele hoë voorkeur vir soetgoed. Dit beteken dus dat jy die smaakknoppies op jou tong gewoond maak aan soet smake. Van soet brood tot meer nagereg, meer koek, tert en lekkers! So kan suikervrye (soet) koeldrank jou indirek laat gewig optel!

 

  1. ASPARTAAM – VEROORSAAK DIT KANKER? Daar is steeds kommer oor aspartaam, die lae-kilojoule chemiese middel wat gebruik word om dieetkoeldrank mee te versoet. Aspartaam is 180 keer soeter as suiker en word redelik algemeen gebruik om drankies mee te versoet. Dan het ’n paar eksperimente boonop getoon dat groot hoeveelhede aspartaam breingewasse en limfoom in knaagdiere veroorsaak. Die FDA, hou vol dat die versoeter veilig is, maar sekere newe-effekte kom wel voor met die gebruik daarvan, insluitende duiseligheid, hoofpyn, diarree, geheueverlies, en buierigheid.

Die dieetkoeldrank dilemma is meer as net ’n kwessie van een of twee verdagte versoeters. As jy elke dag, heeldag van hierdie drankies drink sal die nadele daarvan die voordele oorskadu. Dieetkoeldrank bevat geen voedingstowwe nie en dit is tog óók belangrik om voedsame kos en drankies in te neem. Dus – een dieetkoeldrank ’n dag is geen probleem nie, maar as jy vyf of ses blikkies per dag drink, beteken dit dat jy al hoe minder suiwer water en rooibostee drink. Die laasgenoemde twee drankies kan jou eintlik gesonder maak!

DEEL
Vorige artikelons het 95 kg verloor!
Volgende artikelwerkende ma
Geniet 'n eersteklas- aanlyn wêreld met dieselfde warm gevoel van 'n lekkerlees tydskrif.