Die water stroom

Groot!
God is groot!
God is!

Die water stroom deur die plaas. Van die hekke kry seer, van die wildheining se drade lê plat as gevolg van die kapasiteit en vors van die takkies, grasse en modder in die water. 3 van die damme het gebreek en die die massas water loop met krag in die rigting waar die beste pad is vir stroom.
In ander dorpe val haal korrels die grootte van ‘n golfbal, dakke van huise is stukkend, gete het gate in, motor ruite is gekraak…
dan
Stil, ek is stil…
God is goed, al moet ons skade reg maak, God bly goed! Hy gee reën!
Hy gee!
God is en sal altyd wees!
Goed!

My woorde wil ek 5 keer sluk, ek sidder om dit selfs te tik…
Sjoe, God gee, God is goed, ons is kwaad en ons vertel ons hartseer storie.
Ek weet nie werklik wat om te dink nie.
Jy sien wêreld, ons lewe vir onsself, ons eie dinge, ons skade, ons geld, ons geluk…
Ek wil so graag weet wat God van ons dink in tye soos dit, dink Hy ons is ondankbaar, dink hy ons soek beter, meer georganiseerde reën…
Ek is skaam voor God, soos na die derde haan se kraai, jammer Jesus!
Jammer vir my selfsug.
Ek kniel-
Ek voel skuldig vir almal se eiewys prentjies.
Ek neem nie my God kwalik nie, vir niks, vir geen dood, vir geen lewe, vir geen vloed, of haelkorrels…
Ek dink aan Hom-
Die kruis moes seer en swaar wees, die spykers diep, die kroon vol bloed.
Ek kry myself by die vader se voete, ek sien myself met ‘n boskrul hare besige om God se voete af te droog daarmee…
40 dae…. dan “leef van elke woord uit God se mond.”
Jesus gee opdragte aan sy engels om ons te beskerm…

Wêreld ek dink nie God is goedkoop liefde of ou op tekkies nie.
Ek dink God is elke dag en nag onvoorwaardelike liefde, die pyn lê by ons, God is jaloers vir JOU TYD, JOU WESE VIR HOM..,
Wêreld, ek het jou lief…
net vir jou deur ‘n volmaakte skepper!

Asseblief gee vir God ‘n kans
Of is dit te veel gevra…