Digitale geletterdheid vir jong dames

“Vroue is nie aan die tafel as besluitnemers, of as skeppers of ontwikkelaars nie, so hulle het nie veel invloed op hoe tegnologie ons samelewing as ‘n geheel digitaliseer nie.”

Soos ek aan my navorsing werk vir my meestergraad in opvoedkunde begin ek al hoe meer en meer oplees oor vroue in tegnologie. Dit maak my angstig om daaraan te dink, maar daar is ‘n realiteit dat vroue amper verdwyn in die tegnologie ruimte. Die digitale rewolusie het begin. Die wêreld verander, is ons as vroue bewus van die digitale rewolusie en is ons deel van die verandering? In die voorpunt van elke beweging is daar pioniers wat struikelblokke en buigingstendense afbreek terwyl hulle loop. Dit is van kardinale belang dat vroue aan die voorpunt is van die beweging en dat digitale geletterdheid vir ons jong dames belangrik word.

Vroue en meisies se deelname aan inligting- en kommunikasie tegnologie en die digitale sektore is noodsaaklik. Volgens Cheryl Miller, stigter en direkteur van die Digital Leadership Institute, wie se doel dit is om die deelname van meisies en vroue in STEM (wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde) loopbane te verhoog, is die syfers vir vroue skokkend.

Vroue is nie aan die tafel as besluitnemers, of as skeppers of ontwikkelaars nie. Daar kan dalk meer redes hiervoor wees maar een wat vir my uitstaan, is die loopbaan keuses van meisies. Volgens United Nations Educational, Scientific and Cultural Organization (UNESCO)  navorsing word 2 vroue se deelname aan STEM-onderwys beïnvloed deur ‘n komplekse netwerk van individuele, familie-, opvoedkundige en samelewingsfaktore. Die geslagsgaping in STEM word veral in hoër sekondêre onderwys, soos weerspieël in meisies se keuses van gevorderde studies in wiskunde en wetenskap. Meisies kies nie loopbane in tegnologie omdat dit nie beskou word om in ooreenstemming met hul geslag te wees nie. Dit beklemtoon die belangrikheid om vroue se rolmodelle in die tegnologiesektor aan te moedig.

Navorsing van Microsoft het getoon dat die aantal meisies wat belangstel in STEM in Europa gemiddeld byna verdubbel wanneer hulle ‘n rolmodel het om hulle te inspireer. Die nuwe bevindings in hierdie studie van meisies en jong vroue toon dat daar in die algemeen ‘n duidelike verband bestaan ​​tussen rolmodelle en ‘n groter passie vir wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde vakke, met meer belangstelling in beroepe op hierdie gebiede, en groter selfvertroue. Dalk kan ons dit ook toepas en meer ondersteuning asook blootstelling en ‘n platform vir die vrouens in tegnologie skep. Die bevordering en bemagtiging van vroue in tegnologie en digitale geletterdheid vir jong dames is ontsettend belangrik vir vroue en vir ons toekoms.

https://news.microsoft.com/europe/features/girls-in-stem-the-importance-of-role-models/