Dinge wat kinders kwytraak

0
181
kinders.jpg

Wanneer die kleingoedjies ʼn ding sekuur raak vat, kan ons nie help om daarvoor te lag nie.

Hier is ʼn paar oomblikke waar hulle die spyker op die kop slaan:

Is dit goed om ʼn bankrekening te hê?
Nadia (7): Ja, want jy kry meer geld wanneer jy weer jou geld by die bank terug kry. Dit werk só, die bank spandeer jou geld en gee dan vir jou ekstra geld terug om dankie te sê dat hulle dit kon gebruik.

Wat is ʼn bankrekening?
Deon (6): Sjoe, dis ʼn moeilike vraag. Ek dink. Wag ek weet. ʼn Bankrekening is ʼn masjien waarop jy knoppies kan druk en dan gee dit vir jou geld.

Eet jy groente?
Lydia (5): O ja, ek hou baie van prawns!

Pappas en mammas vertel…

Ek en my 7 jarige seun gooi vir mekaar ʼn bal. Om eerlik te wees, ek kan nie gooi of vang om my lewe te red nie. Nadat ek die tweede keer daarin misluk het om die bal ordentlik in sy rigting te gooi het ek maar omverskoning gevra, waarop hy die volgende geantwoord het: “Nee pappa, dit was ʼn wonderlike gooi.” Hy neem ʼn paar treetjies vorentoe, in die rigting van die bal. Skielik stop hy vir ʼn oomblik en draai terug na my toe. Met ʼn verwarde uitdrukking op sy gesig vra hy: “As ons iets goeds sê, al bedoel ons dit glad nie, beteken dit ons is goedgemanierd, nê?”

ʼn Klein dogtertjie in my naskoolsentrum het my eendag gevra of ek wou weet waaraan sy dink. Toe ek ja sê, het sy baie kalm gesê: “Dolfyne” en weggestap.

Oppad winkel toe het ek vir my seuns gesê ek wil net stop om haarkleur te koop. Die een wat 6 is wou weet watter kleur en hoekom? Ek het vir hom mooi verduidelik dat dit help om my grys hare weg te steek. Ons het omtrent lank gesoek na ʼn haarkleur wat hulle gedink het perfek sou lyk. Daardie naweek in die kerk het een van die dames vir my kom sê dat sy mal is oor die kleur van my hare en voor ek kon keer het my 9 jarige seuntjie kliphard gesê: “Dankie, ek het dit gekies!”

Soms is kinders se sê goedjies net vrek oulik…

"Ek is bly ek is uiteindelik agt. Dit is die oudste wat ek nog ooit in my hele lewe was!" – 8 jarige dogtertjie op haar verjaarsdag.

"Hulle het dit nie gesien nie – dit is als afgesny!" – 4 jarige seun, toe sy ma hom vra of sy ouma en oupa van sy hare hou, nadat hy by die haarkapper was.

"Sê my wanneer jy slaap, okei?" – 7-jarige seun, aan sy broer.

“Mamma, dis nie ʼn grap nie. Ek weet dis my eie voete.” – 4 jarige dogtertjie toe haar ma vir haar verduidelik dat haar skoene op die verkeerde voete is.