Dink jouself dunner

gesonde leefstyl

Om jou leefstyl en liggaam permanent te verander, moet ’n mens eers jou denkwyse aanpas.

Wat jy ook al glo – of dit die waarheid is of nie – word uiteindelik jou werklikheid. Daarom moet jou gedagtes en daaglikse gewoontes in lyn wees met jou doelwitte. Werk daaraan om slegte gewoontes uit te skakel en fokus daarop om die goeies te versterk.

Dit is belangrik om jou innerlike gesprekvoering en persepsies te monitor. Waak teen negatiwiteit wat die vermoë het om jou heeltemal te dreineer en van jou potensiaal te beroof.

So dikwels verval ons ingesteldheid in ’n groef omdat ons nie bereid is om onsself bloot te stel aan nuwe inligting nie. Om jou denke suksesvol te verander, moet jy lees, leer en oop wees vir nuwe idees. Jou denkwyse sal versterk namate jou kennis groei.

[VIDEO] Hoe die obsessie met ons lyf ons terughou

Laetitia Dee, Redakteur, Nuwe Jy
Kliek hier vir meer videos en artikels deur Laetitia.