Dis ‘n lekker bonus

0
306

Die maatskappy “Make Stuff” in Christchurch, New Zealand, het ‘n slim plan uitgedink oor hoe om hul werkers fiks en gesond te kry.

Hulle betaal elke werker $5 per dag as die werker met sy of haar fiets werk toe ry. Indien die werker dit elke dag vir meer as die helfte van die jaar doen, word die werker $10 per dag betaal. Hierdie geld word in een bedrag aan die einde van die jaar in die vorm van ‘n bonus betaal. Sedert die maatskappy met hierdie beleid begin het, ry al die werkers met hul fiets werk toe, op een uitsondering na. Die werkers vertel ook dat hulle dit eintlik geniet om so werk toe te trap op hul fietse, en hulle bespaar tegelykertyd ook sommer baie geld, nie net aan petrol nie, maar ook omdat hulle nie meer lidmaatskapgeld vir ‘n gimnasium hoef te betaal nie.

Selfs Bybelse skrywers het klem geplaas op die belangrikheid daarvan om ’n gesonde liggaam te hê. Johannes skryf byvoorbeeld aan Gaius, sy vriend, in 3 Johannes 2 soos volg: “Liewe Gaius, ek hoop dat jy gesond is en dat dit in alle opsigte so goed gaan met jou as wat dit geestelik met jou gaan”.

‘n Gelowige behoort nie net geestelik te groei nie, maar ook behoorlik om te kyk na sy of haar liggaam.

DEEL
Vorige artikelGeen kompetisie…
Volgende artikelDie dinge van die aarde en ’n sekuriteit wat nooit vervaag nie
Hennie Stander
Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog.