Dís wat drome vernietig

0
192
drome.jpg

Jy mag droom en jy mag maar gróót droom. Wees net op die uitkyk vir die dinge wat jou drome kan vernietig.

Kan jy nog onthou waaroor jy gedroom het toe jy jonger was? Miskien was dit om ʼn ballerina te word, ʼn ontdekkingsreisiger of selfs ʼn skrywer, maar nou probeer jy in die bad ontspan na ʼn stresvolle dag, jy sit elke dag in verkeer en al waaraan jy kan dink is al die dinge wat jy anders sou wou doen.

Nou vra ons jou watter fantasie toekoms visualiseer jy? Is dit dalk ʼn passievolle huwelik, genoeg geld in jou bankrekening of wil jy dalk jou eie besigheid besit?

Hoe ouer ons word, hoe kleiner word ons drome. Ons begin om op meer ‘realistiese’ doelwitte te fokus soos bv. Om gewig te verloor. Baie van ons stel kleiner doelwitte, omdat ons bang is vir teleurstelling en omdat ons so baie verantwoordelikhede het.

Hier is 7 dinge wat jou drome op die spel plaas:

1. Jy frons meer as wat jy glimlag

As jy ʼn fout maak, lag daaroor en probeer weer. Mense met ʼn positiewe uitkyk se drome word altyd waar. Dit help nie om ontevrede of kwaad te wees vir jouself nie, want al wat ʼn frons jou bring is meer plooie. Dink ook so daaraan: As jy nie tevrede is met dit wat jy op die oomblik het nie of bereik het nie, sal jy nie gelukkig wees met dit waarvoor jy vra nie.

2. Van uitstel kom afstel

Maak ʼn punt daarvan om dit waarmee jy besig is heeltemal klaar te maak, want as jy weer sien het jy nooit daardie projek klaar gemaak nie. Inplaas daarvan om als half te doen, maak seker jy maak dit waarmee jy besig is klaar voor jy ʼn nuwe uitdaging aanpak. Só sal jy meer dinge, vinniger gedoen kry. En as jy weer sien, moet jy nog net een trappie klim om by jou drome uit te kom.

3. Jy sit altyd ander se behoeftes voor jou eie

Almal van ons is geneig om dit te doen. Soms vergeet ons ook heeltemal van ons eie behoeftes omdat ander sin vir ons belangriker is. Dit moet egter nie so wees nie. Dis okei om ʼn bietjie selfsugtig te wees en aan jouself te dink vir ʼn slag.

4. Jy kla gereeld oor jou probleme

Hoe meer jy oor jou probleme kla, hoe meer word jy aan die negatiewe herinner. Wees bly dat dinge nie erger is nie. Probeer die beste van ʼn slegte saak maak. Onthou probleme is net tydelik en kan altyd op een of ander manier opgelos word.

5. Jy droom nie groot genoeg nie

Wanneer jy nie groot genoeg droom nie is jy nie geneig om baie aandag aan jou toekoms te gee nie. Wanneer jy groot droom het jy iets om na uit te sien. Jy stel outomaties vir jou doelwitte. Ons drome is baie anders as wat dit was toe ons jonger was, maar dis nie te sê dat jy moet ophou droom nie.

6. Wanner jy dink dinge net op een manier gedoen word

Dit help nie jy sit dae lank om ʼn taak af te handel net omdat jy te hardkoppig is om iets nuuts te probeer nie. Moenie bang wees vir ʼn verandering nie – dit kan jou net goed doen. Wees bereid om by ander mense iets te leer – daar is altyd ʼn makliker manier om ʼn ding te doen.

7. Jy maak dieselfde fout twee keer

Ons is geneig om dieselfde fout oor en oor te maak, en dis juis dit wat ons van ons drome af weghou. Dit is okei om foute te maak, maar dit is ook belangrik om daaruit te leer.