Dít inspireer my! (Christi Panagio)

641
Christi Panagio

EK IS MAL OOR…
die natuur, see, berge. Enige plek weg van geboue en selfone af waar ’n mens die naaste aan God kan wees en jouself, vrede en rustigheid kan vind. Maar ek is ook mal oor kos!

OM TE ONTSPAN…
is iets waaraan ek moet werk! Die kuns om spasies te skep waarin jy, al is dit net vir ’n uur, heeltemal kan ontsnap. Ek het nie lang alleentyd nodig om te herlaai nie.

MY LEKKERSTE BEDERF…
is ’n koppie koffie in die oggend, of ’n glas wyn saam met Nico voor die vuur ná ’n lang dag. Die lekkerste bederftye lê dikwels in die klein dingetjies opgesluit.

MENSE WAT EK BEWONDER…
is vroue wat gemaklik is met hulleself, ongeag hulle vorm of voorkoms. Ook iemand wat kan snaaks wees sonder om die grens te oorskry (Nico het daardie skill). En ouers wat hulle kinders mooi grootmaak.

EK RAAK KREATIEF WANNEER…
ek gebalanseerd leef. Tye wanneer my mind-body-soul in perfekte balans funksioneer. Dis dan dat ek as mens op my beste is en my skeppende kant floreer.

VIR MY BETEKEN VAKANSIE…
om iewers te wees waar niemand my ken of iets van my verwag nie. ’n Plek waar ek heeltemal kan ontspan saam met my man en my pragtige kinders. Ons almal geniet mekaar opreg.

EK IS OP MY GELUKKIGSTE…
as ek iewers ’n ander land saam met my gesin kan beleef. Ons is vreeslik oop vir avontuur en om ’n nuwe ervaring te gaan skep. Saam met hulle voel ek oral tuis.

AS JY MY WIL VERRAS…
Sterkte! Ha-ha! Ek is seker nog net twee keer in my lewe regtig verras, ek kry altyd snuf in die neus. Nico probeer nie eens meer nie.