Doen oefeninge wat by jóú liggaam pas

0
17
oefeing_dans.jpg

Sommige oefeninstrukteurs is geneig om sommer dieselfde program vir al hulle kliënte voor te skryf. Hier is tips om die regte instrukteur te kies.

’n Algemene klagte van vroue wat by ’n gimnasium oefen, is dat die meeste van die apparate op die bolyf gemik is. Sommige manlike instrukteurs is ook geneig om vir vroue programme uit te werk wat meer geskik vir ’n man se liggaam is, en nie noodwendig op vroue se probleemareas konsentreer nie.

Wees versigtig dat jy nie hals-oor-kop die verkeerde oefenprogram volg of sommer die eerste oefeninstrukteur wat jy raakloop nader vir ’n oefenprogram nie. Indien jy dit oorweeg om ’n persoonlike oefeninstrukteur te raadpleeg om jou lyf in top vorm te kry, volg hierdie wenke:

  • Doen eers ’n bietjie moeite om te verseker dat dit die regte persoon is vir jou. Is dit iemand by wie jy aanklank sal vind? Lyk dit na iemand wat goed na haar eie liggaam en gesondheid kyk?
  • Maak seker dat die instrukteur weet watter dele jou probleemareas is en dat hy/sy daarop fokus. Sommige instrukteurs is gee sommer dieselfde program vir verskillende kliënte en dit terwyl jy betaal vir “persoonlike” afrigting.
  • Sodra jy tevrede is met jou keuse van instrukteur, moet jy jou kant bring en nie sessies misloop nie.
     

Geskryf deur Linda Kriel