doen wat jy doen, omdat jy wíl!

0
12
gesond.jpg

Soveel vroue laat hulle lei in wat hulle doen deur ander se opinies. Moenie in hierdie kringloop vasgevang word nie! Doen iets omdat dit jóú gelukkig maak. 

Ek het gevind dat die vrouens wat sukkel met hulle gewig baie keer ook hulle is wat maklik beïnvloed word deur wat ander dink. Hulle rig hulle hele lewens in volgens wat ander verwag en dink hulle het geen keuse. “Ek kan nie so lelik wees nie” of “as ek nie iets doen nie, wie gaan?”

Hulle lewens word so gevul met ’n klomp goed wat hulle eintlik nie wil doen nie en waaroor hulle eintlik kwaad en gefrustreerd is. Hulle voel depressief daaroor maar ook magteloos om dit te verander en uiteindelik moet kos dit ontgeld!