Donker nagte van die hart

Geen nag is ooit te donker
As Ek deel is daarvan sê Hy
Elke keer sal die Lig wen
Elke keer as jy bly vashou sê Hy

Liewe kind moenie kla wanneer Ek jou die dinge begin wys
Ek weet dis partykeer moeilik
As jy kon sien wat wag
Sou jy net so bly wees soos Ek!

Bly-wees dat Ek dit weer opbring
Bly-wees dat Ek saam met jou daardeur wil werk
Dit help nie ons hou aan weghardloop
Soos enige aardse stryd is die beste raad, kom ons gaan daardeur!

Saam sal ons by die Lig uitkom
Die oorwinning sal vir ons wag
Een ding kan jy weet liewe kind
Ek los jou nooit alleen

Al tref die donkerste nag
Ek is by jou
Al het jy als verloor
Nooit sal jy My verloor

Liewe kind
Hou net aan vashou
Hou aan glo
Ek is by jou

Want Ek is sê die Heer
Altyd
Baie naby
Dit kan jy maar weet

Partykeer kan Ek die donker nag nie keer nie
Partykeer raak dit moeilik
Liewe kind Ek wil hê jy moet weet
Ek kan alles draai vir My eer

Maak nie saak wat gebeur het nie
Enige iets kan Ek beter maak
Enige iets
Jou gebroke verlede ook

Ek weet daar was baie pyn
Ek weet daar was baie seer
Liewe kind Ek weet dis moeilik om te glo
Maar Ek kan ook dit beter maak sê Hy

Ek kan dit ‘n getuienis maak
Wat mense skaars kan glo
Maar dan moet jy kom
Dit aan My oorhandig vra Hy

Ek kan net werk met dit wat jy gee
Maak nie saak hoe graag Ek wil
Maak nie saak hoe Ek sien dis wat moet gebeur
Ek kan net as jy ook besluit jy wil

Daarom liewe kind
Selfs al is dit swaar
Selfs al het jy pyn
Asseblief bring dit na My

Ek weet hoe om daarmee te werk
Die beste sorg het jy
Ek is jou Vader-God
Genade is My Naam.

Vorige artikelWeerklink jou voetstappe?
Volgende artikelEg is mooi!
Blogger - Letitia Pienewald
Letitia Pienewald is ‘n doodgewone mens wat die wonder van hartsintimiteit met God ontdek het en ander graag help om dit ook te vind. Daar was ‘n honger in my hart na meer van Jesus en toe vra ek Hom vir meer. So is die blogs King of Kings en Anker van Hoop gebore. Ek het begin om gediggies van God neer te skryf maar dis nou al veel meer. Dis ‘n voorreg om my pad saam met die Here met julle te deel. ‘n Gebed is dat my en jou bewondering vir God altyd nuut en vars sal bly. Verder is ek lief vir die lewe en so dankbaar vir genade en hoop, waarsonder ek nie kan nie.