Donnalee Roberts se unieke modestyl

0
204
Donnalee Roberts

Wanneer dit by styl kom het Donnalee beslis goeie smaak. In hierdie video verklap haar gunsteling ontwerpersrok ʼn ander kant van haar persoonlikheid.

www.vesselina.co.za

lyn_3.png

3 redes waarom Donnalee glimlag

Met haar skitterwit tande, groot amandel-oë en lang bruin lokke, is dit moeilik om te glo dié voormalige Joolkoningin was ongemaklik met haar voorkoms. Maar sy was. “As kind is ek baie gespot. Ek was lank en maer en uit proporsie. Met sulke wilde krulle wat ek nie kon beheer nie. Boonop was my tande skeef en moes ek draadjies kry.”

finesse_tydskrif_0.jpgVir jare daarna het sy nog haar hand voor haar mond gehou as sy lag – uit gewoonte. En eers na ’n baie emosionele lewensles, het sy opgehou om dit te doen. “Op universiteit het ek help geld insamel vir twee kinders se operasies om hulle gesplete lippies reg te maak. Ná die operasie kon die een seuntjie vir die eerste keer die woord mamma reg sê! Die ander enetjie was so bly dat hy nie meer gespot gaan word nie… Dis ’n vóórreg om te kan lag. Ek wou dit nooit weer wegsteek nie.”

Lees die volledige onderhoud met Donnalee Roberts, die 3 redes vir haar glimlag PLUS wen R10 000 se velsorg in die September-uitgawe van FINESSE.

Die maklikste, en vinnigste manier is om sommer nou die September e-FINESSE af te laai vir jou tablet, slimfoon of rekenaar.